224/2025

SKRYWE VANAF ORANIA GESONDHEIDSORG MSW

Uitgereik op: 2 December 2025
Uitvoerende Hoof

0

SKRYWE VANAF ORANIA GESONDHEIDSORG MSW

224/2025
2 Desember 2025
Geagte Oraniërs,
SKRYWE VANAF ORANIA GESONDHEIDSORG MSW
Opsomming : Soos inwoners weet, is Orania Gesondheidsorg MSW ’n privaat maatskappy vanuit die gemeenskap en is dit nie deel van die amptelike strukture van die “owerheid” nie. Ons deel egter graag hiermee ’n skrywe vanaf hulle op die Dorpsraad se kommunikasiekanale, sodat soveel as moontlik Oraniërs ingelig kan bly oor hierdie belangrike aangeleentheid.
Orania Gesondheidsorg MSW se brief lui as volg:
Geagte Gemeenskap ,
Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om terugvoering aan u te gee rakende ons vordering en gebeure die afgelope weke. Ons is bly om u in te lig dat ons goed gevorder het.
Daar het verwikkelinge plaasgevind waarby Karoomed Mediese Sentrum in die dorp gaan bly en dus gaan ons in samewerking met hulle die gesondheidsorg in Orania bevorder.
Die 24-uur dienste sal nog nie tans beskikbaar wees nie, maar ons werk daaraan om ook saam met addisionele praktisyns teen Maart 2026 beskikbaar te wees. Dit is vir ons ‘n voorreg dat ons ook as ‘n gemeenskapsinstelling met ander instansies kan saamwerk en samewerking kry tot voordeel van ons gemeenskap en stel ons dit nog verder ten doel om ons gemeenskap te dien en uit te bou met mediese sorg.
Ons het nie genoegsame befondsing gekry om die Mediese Sentrum self oor te neem nie, maar Karoomed Mediese Sentrum het aangedui dat Dr Nothnagel nie meer weg gaan nie. Hy gaan tans in Orania bly en dit is vir ons verblydend saam met vele ander wat hom ondersteun het. Hulle gaan voortgaan met Niamed Mediese stokvel en ons beveel aan dat u daarby inskakel.
As Orania Gesondheidsorg MSW gaan ons nie nou ‘n stokvel inisieer nie, maar het ons wel ‘n lidmaatskap waarby die Oraniërs kan inskakel om sodoende die fondse van die Orania Gesondheidsorg MSW aan te vul om ander moontlike velde in die mediese gesondheidsorg te ontwikkel.
Ons sal wel vroeg in die nuwe jaar meer inligting aan u bekendstel.
Vriendelike Groete
Die Orania Gesondheidsorg MSW Direksie
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Maps Calender Kategorie Select Filter

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

027/2026
(Uitgereik op: 13 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
026/2026
(Uitgereik op: 11 March, 2026)
Inligting en Skakeling
025/2026
(Uitgereik op: 11 March, 2026)
Ingenieursdiente
024/2026
(Uitgereik op: 9 March, 2026)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

17
Mar
Tuesday 17 March, 2026
- 17 March, 2026
5:30 pm
27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…