198/2025
24 Oktober 2025
Geagte Oraniërs,
STORTINGSTERREIN MAG NIE NA-URE BESOEK WORD NIE
Opsomming: Die stortingsterrein mag nie na-ure besoek word nie en stappe sal geneem word teen persone wat hierdie reël oortree.
Ons wil inwoners graag herinner daaraan dat die stortingsterrein slegs tydens besigheidsure besoek mag word. Die besigheidsure is van 08:00 tot 17:00 op weeksdae en van 11:00 tot 15:00 op Saterdae. Die terrein is gesluit op Sondae en op Orania se publieke vakansiedae.
Hierdie reël moet veral streng toegepas word omdat die bedrywighede van ongemagtigde persone soms tot brande op die terrein lei. Sulke brande is baie moeilik om onder beheer te bring en kan giftige gasse na bv. Kleingeluk laat waai. Daarbenewens gebeur dit ook soms dat ongemagtigde persone inmeng met herwinningswerk waarmee die Dorpsraad of ander persone besig is.
Ons maak staat op die samewerking van die gemeenskap om Orania se hantering van afval op die huidige hoë standaard te hou.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…