038/2026
7 April 2026
Geagte Oraniërs,
TYDPERK VERLENG : VAKANTE POS AS NETWERK- EN STELSELADMINISTRATEUR
Opsomming : Die aansoektydperk vir die pos as netwerk- en stelseladministrateur by die Orania Dorpsraad is verleng tot 24 April 2026.
Lesers sal onthou dat ’n pos as netwerk- en stelseladministrateur in kennisgewing 020/2026 op 20 Februarie geadverteer is. Daar is heelwat aansoeke daarvoor ontvang, maar om verskeie redes is ’n geskikte kandidaat nog nie geïdentifiseer nie. Sommige van die goeie aansoekers het byvoorbeeld uiteindelik besluit om nie na Orania te verhuis nie, terwyl ander weer nie oor al die toepaslike vaardighede vir hierdie gespesialiseerde pos beskik nie.
Ons wil dus hiermee aankondig dat die aansoektydperk vir hierdie pos verleng is tot 24 April 2026. Indien u dus ’n persoon is wat daarvoor bekwaam is en voel dat hierdie posisie deel is van die Here se raadsplan vir u lewe, hoop ons om spoedig u aansoek te ontvang.
Oor die pos:
Die Netwerk- en Stelseladministrateur sal in diens wees van Orania Dorpsraad, ʼn dinamiese instelling wat groei en strewe om op die voorpunt van dienslewering en die gebruik van tegnologie te wees. Die Netwerk- en Stelseladministrateur sal diens lewer aan al die filiaalmaatskappye van die Orania Dorpsraad van Orania en hierdie sleutelpos neem verantwoordelikheid vir die volgende:
• Opstel en instandhouding van roeteerders en skakelaars (Routers en switches)
• Opstel, instandhouding en opgradering van bedieners (wolk en plaaslike bedieners)
• Opstel, onderhoud en ontwikkeling van MicroSoft365
• Opstel, onderhoud, opgradering en ontwikkeling van stelselveiligheid
• Opstel en verifiëring van rugsteun van stelsels en opstellings.
• Opstel en onderhoud van telefoonstelsel
• Oudit en verbeter algehele sekuriteit om nuutste aanval tendense hok te slaan
• Opstel, onderhoud en monitering van netwerke
• Administreer en onderhou video bestuur stelsel (VMS) vir beheerkamer kameramonitering
Vereistes vir ʼn suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos moet oor die volgende beskik:
• ʼn Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en ʼn verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen
• ʼn Toepaslike naskoolse kwalifikasie en drie tot vyf jaar se vorige ondervinding in die Informasie Tegnologie-veld
• Netwerksertifisering sal ʼn sterk aanbeveling wees (bv. CompTIA Netwerk+, Mikrotik)
• Linux ervaring
• Om onder druk te kan funksioneer en by doeldatums te kan hou, sal deurslaggewend wees
• ʼn Geldige bestuurderslisensie is nodig
• Goeie administratiewe vaardighede
• Die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf
• ʼn Sin vir deeglikheid en konsekwente optrede
• Verblyfreg in Orania
• Inligting vertroulik hanteer
Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op Vrydag 24 April 2026 om 16:30 by die Dorpskantoor in Orania ingedien word. Slegs aansoeke in Afrikaans sal oorweeg word. Aansoeke per e-pos kan gestuur word aan: theunie@myorania.co.za
Skakel Theunie Kruger by 053 207 0063 vir navrae.
Vriendelike groete.
Theunie Kruger
Hoof: Bedryfstelsels en Outomatisering
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…