039/2026
8 April 2026
Geagte Oraniërs,
VAKANTE BETREKKING AS JUNIOR TEGNIESE ASSISTENT IN DIE DORPSRAAD SE GEMEENSKAPSDIENSTE BUITESPANNE
Opsomming : Daar is ‘n pos beskikbaar as junior tegniese assistent in die afdeling Gemeenskapsdienste by die Orania Dorpsraad en die aansoeke daarvoor sluit Woensdag, 6 Mei 2026.
Oor die pos
Die Gemeenskapsdienste: Junior Tegniese Assistent sal in diens wees van die Orania Dorpsraad, ’n dinamiese instelling wat groei en daarna streef om op die voorpunt van dienslewering te wees. Die Junior Tegniese Assistent sal in ’n span werk wat onder andere vir die volgende verantwoordelik is:
• algemene estetiese voorkoms van Orania
• instandhouding van besproeiingstelsels
• netheid van sypaadjies
• onderhoud van sportterrein
• onderhoud van geboue
• onderhoud parke en tuine
• onderhoud van Orania Begraafplaas
• voorbereiding van grafte en bystand by begrafnisse
• onderhoud van Orania Gemeenskapswembad
• ondersteuning tydens die Orania Karnaval
• ondersteuning met huurtoerusting
• ondersteuning tydens geleenthede wat die Orania Dorpsraad reël
• ondersteuning tydens gemeenskapsgeleenthede
• algemene herstel en onderhoud van toerusting
• kleiner bouwerk
• hulpverlening met nooddienste onder toesig
• algemene konstruksie en werkswinkel-assistent
Vereistes vir ’n suksesvolle aansoeker
• ʼn Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en ʼn verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen
• Moet onder druk kan funksioneer en by doeldatum kan hou
• Moet in besit wees van ʼn geldige bestuurderslisensie
• Bewese tegniese vaardighede
• Goeie menseverhoudings
• Kennis in bou, grondverskuiwing, natwerk, besproeiing, algemene onderhoud van toerusting
• Goed in ʼn span kan werk
• Moet reeds in Orania woon of besig wees met verblyfreg proses
Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op Woensdag, 6 Mei 2026 om 16:30 by die Dorpskantoor in Orania ingedien word, of per e-pos gestuur word aan: otto@myorania.co.za . Slegs aansoeke in Afrikaans sal oorweeg word.
Diensaanvaarding: 01/06/2026 of vroeër, soos ooreengekom. Otto du Plessis
Vriendelike groete,
Otto du Plessis
Gemeenskapsdienste : Operasionele bestuurder
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…