135/2025
22 Julie 2025
Geagte Oraniërs,
VAKANTE POS: GEMEENSKAPSDIENSTE JUNIOR TEGNIESE ASSISTENT
Opsomming : Aansoeke vir ‘n vakante pos as Junior Tegniese Assistent in Gemeenskapsdienste se buitespanne kan ingedien word tot 28 Julie 2025.
Oor die pos:
Die Gemeenskapsdienste: Junior Tegniese Assistent sal in diens wees van Orania Dorpsraad, ʼn
dinamiese instelling wat groei en strewe om op die voorpunt van dienslewering te wees. Die Junior
Tegniese Assistent sal in ʼn span werk wat onder andere vir die volgende verantwoordelikheid neem:
• algemene estetiese voorkoms van Orania
• instandhouding van besproeiingstelsels
• netheid van sypaadjies
• onderhoud van sportterrein
• onderhoud van geboue
• onderhoud van parke en tuine
• onderhoud van Orania Begraafplaas
• voorbereiding van grafte en bystand by begrafnisse
• onderhoud van Orania Gemeenskapswembad
• ondersteuning tydens die Orania Karnaval
• ondersteuning met huurtoerusting
• ondersteuning tydens geleenthede wat die Orania Dorpsraad reël
• ondersteuning tydens gemeenskapsgeleenthede
• algemene herstel en onderhoud van toerusting
• kleiner bouwerk
• hulpverlening met nooddienste onder toesig
• algemene konstruksie en werkswinkel-assistent
Vereistes vir ʼn suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos moet oor die volgende beskik:
• ʼn Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en ʼn verbintenis tot die beginsels van
selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen
• Moet onder druk kan funksioneer en by doeldatum kan hou
• Moet in besit wees van ʼn geldige bestuurderslisensie
• Bewese tegniese vaardighede
• Goeie menseverhoudings
• Kennis in bou, grondverskuiwing, natwerk, besproeiing, algemene onderhoud van toerusting
• Goed in ʼn span kan werk
• Moet reeds in Orania woon of besig wees met verblyfreg proses
Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op Maandag 28 Julie 2025 om 16:30 by die Dorpskantoor in Orania ingedien
word of per e-pos gestuur word aan: otto@myorania.co.za . Slegs aansoeke in Afrikaans sal oorweeg word.
Diensaanvaarding: 01/08/2025
Vriendelike groete,
Otto du Plessis
Gemeenskapsdienste : Operasionele Bestuurder
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…