Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
VAKANTE POS: ONTVANGSDAME BY ORANIA VEILIGHEIDSDIENSTE (OVD)
Opsomming : Daar is ‘n vakante pos as ontvangsdame by Orania Veiligheisdienste (OVD) en die aansoeke daarvoor sluit op 2 Januarie, 2025.
Oor die pos
Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk. (OVD) is ʼn dinamiese instelling wat groei en daarna strewe om op die voorpunt van veiligheidsdienslewering te wees. Die suksesvolle kandidaat sal deel word van die administratiewe afdeling en sal verantwoordelik wees vir die bemanning van OVD se ontvangs.
Die persoon sal onder meer die volgende take moet behartig:
• Ontvang van publiek en verwys na relevante personeellid
• Beantwoord telefoon, deurskakel en neem van boodskappe
• Hantering van algemene navrae/klagtes en verwys na relevante personeellid
• Voorsien van aanmeldingsvorms en verwys na relevante personeellid
• Bediening van verversings, maak van drinkgoed en opruim daarna
• Netjies hou van kombuis en was van skottelgoed
• Tikwerk
• Bestel en uitreik van skryfbehoeftes
• Bespreek van lokale vir afsprake en vergaderings
• Algemene administratiewe funksies en ondersteuning
• Algemene ondersteuning aan die Hoof: Veiligheid
Vereistes vir ʼn suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos moet oor die volgende beskik:
➢ ʼn Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en ʼn verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen
➢ Verblyfreg in Orania
➢ Minimum van twee jaar ondervinding in ʼn soortgelyke administratiewe/sekretaresse omgewing
➢ ʼn Geldige Bestuurders lisensie
➢ Psira graad C sal voordelig wees (Maar nie ʼn vereiste nie)
➢ Goeie rekenaarvaardigheid, spesifiek Microsoft Office (Excel, Word, ens.)
➢ Onder druk kan funksioneer en by doeldatums hou
➢ Uitstekende administratiewe vaardighede
➢ Moet in ʼn span kan saamwerk
➢ Netjiese voorkoms, hoflik, vriendelik met goeie telefoonetiket
➢ Vermoë om verskillende take gelyktydig te kan verrig en tyd effektief te bestuur
➢ Die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf
➢ ʼn Sin vir deeglikheid
➢ Logies en georden kan werk
Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op 2 Januarie 2025 om 16:30 by OVD ingedien word of kan per e-pos gestuur word aan: veiligheid@myorania.co.za. Slegs aansoeke in Afrikaans sal aanvaar word.
Aanvangsdatum van die pos is 3 Februarie 2025.
Vir meer inligting kan Ettiene De Lange by 053 207 0069 geskakel word, of kan u, soos altyd, in kontak met die dorpsraad tree oor enige onderwerp, deur van die volgende skakel gebruik te maak:
Vriendelike groete,
Ettiene De Lange
Hoof : OVD
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…