194/2024

VAKANTE POS: ONTVANGSDAME BY ORANIA VEILIGHEIDSDIENSTE

Uitgereik op: 11 December 2024
Orania Veiligheidsdienste

0

VAKANTE POS: ONTVANGSDAME BY ORANIA VEILIGHEIDSDIENSTE

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

VAKANTE POS: ONTVANGSDAME BY ORANIA VEILIGHEIDSDIENSTE (OVD)

Opsomming : Daar is ‘n vakante pos as ontvangsdame by Orania Veiligheisdienste (OVD) en die aansoeke daarvoor sluit op 2 Januarie, 2025.

Oor die pos

Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk. (OVD) is ʼn dinamiese instelling wat groei en daarna strewe om op die voorpunt van veiligheidsdienslewering te wees. Die suksesvolle kandidaat sal deel word van die administratiewe afdeling en sal verantwoordelik wees vir die bemanning van OVD se ontvangs.

Die persoon sal onder meer die volgende take moet behartig:

• Ontvang van publiek en verwys na relevante personeellid

• Beantwoord telefoon, deurskakel en neem van boodskappe

• Hantering van algemene navrae/klagtes en verwys na relevante personeellid

• Voorsien van aanmeldingsvorms en verwys na relevante personeellid

• Bediening van verversings, maak van drinkgoed en opruim daarna

• Netjies hou van kombuis en was van skottelgoed

• Tikwerk

• Bestel en uitreik van skryfbehoeftes

• Bespreek van lokale vir afsprake en vergaderings

• Algemene administratiewe funksies en ondersteuning

• Algemene ondersteuning aan die Hoof: Veiligheid

Vereistes vir ʼn suksesvolle aansoeker

Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos moet oor die volgende beskik:

➢ ʼn Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en ʼn verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen

➢ Verblyfreg in Orania

➢ Minimum van twee jaar ondervinding in ʼn soortgelyke administratiewe/sekretaresse omgewing

➢ ʼn Geldige Bestuurders lisensie

➢ Psira graad C sal voordelig wees (Maar nie ʼn vereiste nie)

➢ Goeie rekenaarvaardigheid, spesifiek Microsoft Office (Excel, Word, ens.)

➢ Onder druk kan funksioneer en by doeldatums hou

➢ Uitstekende administratiewe vaardighede

➢ Moet in ʼn span kan saamwerk

➢ Netjiese voorkoms, hoflik, vriendelik met goeie telefoonetiket

➢ Vermoë om verskillende take gelyktydig te kan verrig en tyd effektief te bestuur

➢ Die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf

➢ ʼn Sin vir deeglikheid

➢ Logies en georden kan werk

Aansoekproses

Aansoeke moet voor of op 2 Januarie 2025 om 16:30 by OVD ingedien word of kan per e-pos gestuur word aan: veiligheid@myorania.co.za. Slegs aansoeke in Afrikaans sal aanvaar word.

Aanvangsdatum van die pos is 3 Februarie 2025.

Vir meer inligting kan Ettiene De Lange by 053 207 0069 geskakel word, of kan u, soos altyd, in kontak met die dorpsraad tree oor enige onderwerp, deur van die volgende skakel gebruik te maak:

Vriendelike groete,

Ettiene De Lange

Hoof : OVD

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

023/2026
(Uitgereik op: 6 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
022/2026
(Uitgereik op: 5 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
021/2026
(Uitgereik op: 23 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
020/2026
(Uitgereik op: 20 February, 2026)
Outomatisering en Digitalisering

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…