Opsomming : Orania Veiligheidsdienste (OVD) gaan op Saterdag, 26 Oktober 2024 ‘n oefening hou.
Let asseblief daarop dat OVD vroeg eerskomende Saterdag ’n lewendige veiligheidsoefening gaan hou, en inwoners mag moontlik die manne sien of hoor wat besig is om op ’n gesimuleerde noodgeval of noodsituasie te reageer. Die oefening sal na verwagting reeds in die oggend afgehandel wees en behoort nie enige invloed op inwoners se daaglikse aktiwiteite te hê nie.
Die presiese aard van die fiktiewe noodgeval word nie vooraf aan meeste van die betrokkenes bekend gemaak nie, wat verseker dat hulle oefening kry in die onmiddellike en korrekte reaksie op ’n nuwe situasie. Daarom is dit ook nie moontlik om voor die tyd vir inwoners presies te sê wat om alles te verwag nie.
Met bogenoemde in gedagte, moet inwoners steeds nie skroom om verdagte persone of aktiwiteite op daardie dag aan te meld nie, want OVD sal, soos altyd, beskikbaar wees om enige ware situasies te hanteer soos nodig.