Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
VERDERE INLIGTING OOR DIE REGSPROSES IN ORANIA
Opsomming : Na aanleiding van kennisgewing 180/2024, waarin bekend gemaak is dat iemand van diefstal en die gebruik van onwettige dwelms aangekla is, wil ons hiermee beklemtoon dat ‘n regverdige regsproses gevolg word in alle dissiplinêre gevalle, insluitend hierdie een.
In kennisgewing 180/2024 is verduidelik hoe leidrade vanuit die gemeenskap gelei het daartoe dat iemand vir diefstal (en toe ook vir onwettige dwelmgebruik) vasgetrek is en dat ‘n amptelike proses van regspraak begin is vir beide oortredings, wat tot die opheffing van verblyfreg kan lei.
Ons wil net weer bevestig dat alle besluite in die regspraak proses deur ‘n onafhanklike Regspaneel geneem word en nie deur die Orania Dorpsraad nie. Voordat enige inwoner se verblyfreg dus opgehef word, vind ‘n regverdige verhoor plaas waartydens alle betrokke partye bewyse kan voorlê en getuienis kan lewer. Mense kan dus gemoedsrus hê dat slegs skuldiges skuldig bevind word en ook dat die strawwe vir hulle dade gepas en regverdig is.
U is, soos altyd, welkom om enige vrae oor hierdie of enige ander onderwerp aan die dorpsraad te rig deur die skakel hieronder te gebruik. Let daarop dat hierdie skrywe deur ‘n nie-regskenner opgestel is, so indien daar regs-tegniese vrae is, sal dit na die gepaste kenners verwys word om korrekte antwoorde te verskaf.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Dorpsraad – Kommunikasiebeampte
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…