Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
VERDERE INLIGTING OOR VERANDERING IN HANTERING VAN KOERIER-PAKKIES
Opsomming : Die datum waarop Pudo-lokette verwyder gaan word is uitgestel tot einde November 2024, sodat nóg alternatiewe in die plek daarvan gestel kan word.
Soos in kennisgewing 148/2024 gekommunikeer is, het ’n Orania Arbeidspaneel na deeglike oorweging bevind dat Pudo-lokette teen 25 Oktober verwyder moet word, omdat dit nie moontlik was om Afrikaner arbeid vir die instandhouding daarvan te gebruik nie (alle ander koerierdienste word nie deur hierdie besluit beïnvloed nie). Die idee van selfwerksaamheid en eie arbeid is ’n ononderhandelbare grondbeginsel van Orania en enige geleidelike afwatering daarvan moet streng teen gewaak word.
Daar is heelwat uiteenlopende kommentaar hieroor ontvang vanuit die gemeenskap, waarvan die Orania Sakekamer, wat ’n groot groep besighede verteenwoordig, een was. Dit is verblydend vir die Arbeidspaneel om te weet dat die Sakekamer, soos die ware Oraniërs wat hulle is, die beginsel van eie arbeid sterk ondersteun, ook sover dit hierdie aangeleentheid betref.
Hulle het egter in ’n openhartige gesprek met die Arbeidspaneel versoek dat die datum waarop die verwydering van PUDO-lokette gebeur effens uitgestel word, sodat verdere alternatiewe daarvoor in plek gesit kan word. Die koerier van pakkies na en vanuit Orania vorm ’n belangrike deel van veral sekere kleiner besighede, so die impak op hulle moet bestuur word.
Die Arbeidspaneel het besluit om hierdie versoek toe te staan en die verwydering van die Pudo-lokette uit te stel tot einde November 2024, wat vir besighede genoegsame tyd gee om nog alternatiewe oplossings in plek te kry (behalwe vir die bestaande koerierdienste wat steeds beskikbaar is), totdat die nuwe Courier Guy “CDP”-punte ongeveer in Maart 2025 beskikbaar sal wees.
Ons vertrou dat die bogenoemde in orde is. Enige verdere kommentaar kan gelewer word deur die volgende skakel: https://myorania.co.za/kontak-ons/.
Vriendelik, die uwe
Elred Ferreira
Voorsitter: Arbeidspaneel
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…