152/2024

VERDERE INLIGTING OOR VERANDERING IN HANTERING VAN KOERIER-PAKKIES

Uitgereik op: 16 October 2024
Algemeen

0

VERDERE INLIGTING OOR VERANDERING IN HANTERING VAN KOERIER-PAKKIES

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

VERDERE INLIGTING OOR VERANDERING IN HANTERING VAN KOERIER-PAKKIES

Opsomming : Die datum waarop Pudo-lokette verwyder gaan word is uitgestel tot einde November 2024, sodat nóg alternatiewe in die plek daarvan gestel kan word.

Soos in kennisgewing 148/2024 gekommunikeer is, het ’n Orania Arbeidspaneel na deeglike oorweging bevind dat Pudo-lokette teen 25 Oktober verwyder moet word, omdat dit nie moontlik was om Afrikaner arbeid vir die instandhouding daarvan te gebruik nie (alle ander koerierdienste word nie deur hierdie besluit beïnvloed nie). Die idee van selfwerksaamheid en eie arbeid is ’n ononderhandelbare grondbeginsel van Orania en enige geleidelike afwatering daarvan moet streng teen gewaak word.

Daar is heelwat uiteenlopende kommentaar hieroor ontvang vanuit die gemeenskap, waarvan die Orania Sakekamer, wat ’n groot groep besighede verteenwoordig, een was. Dit is verblydend vir die Arbeidspaneel om te weet dat die Sakekamer, soos die ware Oraniërs wat hulle is, die beginsel van eie arbeid sterk ondersteun, ook sover dit hierdie aangeleentheid betref.

Hulle het egter in ’n openhartige gesprek met die Arbeidspaneel versoek dat die datum waarop die verwydering van PUDO-lokette gebeur effens uitgestel word, sodat verdere alternatiewe daarvoor in plek gesit kan word. Die koerier van pakkies na en vanuit Orania vorm ’n belangrike deel van veral sekere kleiner besighede, so die impak op hulle moet bestuur word.

Die Arbeidspaneel het besluit om hierdie versoek toe te staan en die verwydering van die Pudo-lokette uit te stel tot einde November 2024, wat vir besighede genoegsame tyd gee om nog alternatiewe oplossings in plek te kry (behalwe vir die bestaande koerierdienste wat steeds beskikbaar is), totdat die nuwe Courier Guy “CDP”-punte ongeveer in Maart 2025 beskikbaar sal wees.

Ons vertrou dat die bogenoemde in orde is. Enige verdere kommentaar kan gelewer word deur die volgende skakel: https://myorania.co.za/kontak-ons/.

Vriendelik, die uwe

Elred Ferreira

Voorsitter: Arbeidspaneel

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

023/2026
(Uitgereik op: 6 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
022/2026
(Uitgereik op: 5 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
021/2026
(Uitgereik op: 23 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
020/2026
(Uitgereik op: 20 February, 2026)
Outomatisering en Digitalisering

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…