135/2024

VEREDERE INLIGTING OOR AMPTELIKE AANSKAKELING VAN BATTERY

Uitgereik op: 20 September 2024
Inligting en Skakeling

0

VEREDERE INLIGTING OOR AMPTELIKE AANSKAKELING VAN BATTERY

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

VERDERE INLIGTING OOR AMPTELIKE AANSKAKELING VAN BATTERY

Soos in kennisgewing 131/2024 aangekondig is, word die battery eerskomende Saterdag, 21 September, om 09:00, amptelik seremonieƫl aangeskakel. Ons wil graag die aandeelhouers in die battery, die gemeenskap van Orania, uitnooi om hierdie heuglike geleentheid by te woon.

Let asseblief daarop dat verdere reĆ«lings intussen gemaak is wat nie vantevore gekommunikeer is nie, naamlik dat een van die nuwe elektriese bussies plek het om tot soveel as 22 passasiers (wat vandag daarvoor moet registreer) gratis vanaf Kleingeluk na die battery te vervoer. Dit is sommer reeds ‘n goeie voorbeeld van die tipe voordele wat energie-onafhanklikheid aan Orania kan bied!

Reƫlings rondom die elektriese bussie:

Tyd : Vertrek 08h30 vanaf die busstop voor Kuierstoep, Kleingeluk

Bespreek sitplek : Stuur asseblief ‘n e-pos aan burger@myorania.co.za, voor 15h30 vandag, of bel 053 207 0063, om ‘n sitplek te bespreek.

Algemene reƫlings:

Tyd : 09:00 tot 10:00, 21 September 2024

Plek : Orasol-battery, Kareeboomrylaan (net nĆ” Sandsteenstraat in die Nywerheidsgebied, langs die Eskom-substasie).

Geriewe : Daar sal ā€˜n beperkte aantal stoele verskaf word, maar inwoners kan ook opvoustoele bring om sitplek te verseker.

Onthou : Ons stel voor dat mense vloeistof, asook hoede of sambrele saambring, want die terrein is blootgestel aan direkte sonlig.

Ete : Daar gaan nie enige kos bedien word nie, maar die Plaasbraai, wat dieselfde aand vanaf 18:00 plaasvind, sal dien as die feestelikheid wat hiermee saamgaan. Kaartjies vir die Plaasbraai is beskikbaar teen Φ50 per volwassene en Φ30 per kind onder 12 (wat vleis, roosterkoek en pap-en-sous insluit) en is aanlyn beskikbaar by $ https://oraniakarnaval.co.za/product/plaasbraai/$ , of fisies by die poskantoor.

Vriendelike groete,

Burger Lambrechts

Orania Dorpsraad: Kommunikasiebeampte

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

106/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Korporatiewe Dienste
105/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Uitvoerende Hoof
104/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Inligting en Skakeling
103/2026
(Uitgereik op: 20 August, 2026)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls