040/2026

VERHOGING IN ELEKTRISITEITSTARIEWE

Uitgereik op: 9 April 2026
Korporatiewe Dienste

0

VERHOGING IN ELEKTRISITEITSTARIEWE

040/2026
9 April 2026
Geagte Oraniërs,
VERHOGING IN ELEKTRISITEITSTARIEWE
Opsomming : Let asseblief daarop dat Eskom se tariewe aan Orania vanaf April 2026 met effektief 9.10% verhoog het, wat beteken dat Orania se pryse ongelukkig ook moet opgaan (maar ons verhoging is beperk tot 8.76%, wat dus 0.34% minder as Eskom s’n is).
Eskom het sy elektrisiteitstariewe met ingang van 1 April 2026 met gemiddeld 8.76% verhoog. Met Eskom se dryf vanaf verlede jaar om meer te fokus op hul vastekoste-komponent van fakturering, het dit ’n beduidende invloed op die verhoging in tariewe gehad, wat ons verlede jaar eerstehands beleef het.
Alhoewel Eskom die 8.76%-verhoging aangekondig het, is daar hierdie jaar weer meer gefokus op die vastekoste-komponente, en is tussen 8.76% en 51.67% verhogings deurgesit op hierdie tariewe. Die effek is dat Eskom gemiddeld 14.78% meer faktureer vir vastekoste in vergelyking met verlede jaar. As gevolg van die verhoging in die vastekoste-komponent is die effektiewe styging in die Dorpsraad se elektrisiteitsrekening 9.10%.
Orania Dorpsraad poog deurlopend om elektrisiteitsverhogings minimaal te hou teenoor Eskom se verhogings. Dit in ag geneem, het die Direksie besluit om net die 8.76%-verhoging in tariewe goed te keur. Hieronder volg ’n kort vergelykingstabel wat die verhogings van 2018 tot 2026 teenoor Eskom uitbeeld:
Met bogenoemde in ag geneem, sien die verhoogde tariewe vir huishoudings en ander sonerings vanaf 1 April 2026 soos volg daarna uit:
1. Aandeelblokke wat primêr vir woondoeleindes gebruik word:
• 1–150 eenhede: Φ3.50/eenheid
• 151–300 eenhede: Φ4.05/eenheid
• Meer as 300 eenhede: Φ4.46/eenheid
2. Aandeelblokke van nie-winsgewende instellings (soos bv. skole en kerke):
• Φ4.05/eenheid
3. Alle ander aandeelblokke en aansluitings buite die aandeelblokskema:
• 1–5000 eenhede: Φ4.46/eenheid
• Meer as 5000 eenhede: Φ4.20/eenheid
4. KSIKO-aansluitings:
• Krediettarief: Terugkooptarief sal later in die maand aangekondig word.
Die batteryheffing bly onveranderd op Φ4.42/ampère en word weer in Junie 2026 hersien.
Bogenoemde tariewe sluit BTW in.
Vriendelike groete,
Janneman Roux
Hoof : Korporatiewe Dienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling
045/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Ingenieursdiente
044/2026
(Uitgereik op: 15 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…