159/2025

VLOTREGISTRASIES EN REËLINGS VIR 2025 KARNAVAL

Uitgereik op: 22 August 2025
Beplanning en Grondgebruik

0

VLOTREGISTRASIES EN REËLINGS VIR 2025 KARNAVAL

159/2025

22 Augustus 2025

Geagte Oraniërs,

VLOTREGISTRASIES EN REËLINGS VIR 2025 KARNAVAL

Opsomming : Die Orania Karnaval se Vlotoptog (met tema : Ons Erfenis) vind op Vrydag, 10 Oktober 2025 plaas. Vlotte moet teen 11:00 aangemeld wees; onthulling van die Pres. Paul Kruger-beeld is 12:00; vlotte vertrek 14:00 na die sportgronde. Registreer aanlyn of by die Dorpskantoor voor 26 September.

Almal word hartlik uitgenooi om deel te wees van vanjaar se Vlotoptog, wat plaasvind op Vrydag, 10 Oktober 2025.

* Bymekaarkom: Vlotte moet voor of teen 11:00 op die grondpad langs die Kruger-beeld aangemeld wees, met voorkante in die rigting van die sportgronde. Dit is dus op die verlenging van Soetdoringstraat wat tussen Duiker en die nuwe Werksgebou deurloop.
* Program: Die onthulling van die Pres. Paul Kruger Standbeeld begin om 12:00.
* Vertrek: Die optog vertrek stiptelik om 14:00 na die Orania Sportgronde.

Registrasie kan aanlyn gedoen word by https://oraniakarnaval.co.za/registrasievorm-vlotoptog-2025/ of deur ’n registrasievorm by die Dorpskantoor te voltooi. Alle nodige inligting is beskikbaar op die webwerf sowel as op die registrasievorm.

Die tema en slagspreuk vir vanjaar se optog is: “Ons Erfenis”. Elke vlot-inskrywing sal beoordeel word op grond van hoe goed hulle ’n Afrikanerheld uitbeeld, maar natuurlik tel dit ook punte om die Afrikaanse taal en Afrikaner geskiedenis oor die algemeen op kreatiewe wyse te inkorporeer. Ons sien graag hoe deelnemers hul Afrikaner-erfenis met hul Orania-erfenis kan kombineer.

Ons moedig die hele gemeenskap aan om saam te kom vier. Indien u nie die middele het om ’n vlot te bou nie, kan u steeds saamstap as groep, klub, vereniging of selfs as individu. Hoe meer deelnemers, hoe groter die vreugde! Bring jouself, jou gesin en natuurlik baie gees saam.

Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 26 September 2025, by die Dorpskantoor.

Kom wees deel van hierdie vrolike geleentheid – sien julle daar!

Vriendelike groete,

Cobus Pretorius
Vlotkaptein

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling
045/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Ingenieursdiente
044/2026
(Uitgereik op: 15 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…