045/2026

Vullis en Herwinning

Uitgereik op: 16 April 2026
Ingenieursdiente

1

Vullis en Herwinning

045/2026
16 April 2026
Geagte Oraniƫrs,
Vullis en Herwinning
Opsomming : Let asseblief weer op die volgende punte aangaande vullis en die regte manier hoe inwoners herwinning in Orania moet hanteer.
Orania se bestaande herwinningspraktyke lewer ’n groot bydrae tot die stortingsterrein se lewensvatbaarheid, en dit is iets waarop OraniĆ«rs baie trots kan wees. Onderaan hierdie kennisgewing is Orania se herwinningsblaadjie ter inligting. ’n Gratis kopie van die blaadjie is ook by die Dorpskantoor se ontvangs beskikbaar.
U kan ons bystaan met die volgende, wat die herwinningsproses aan ons kant baie sal vergemaklik:
• Die proppies van plastiekbottels is ook herwinbaar, maar moet afsonderlik gelewer word. Dit sal ons baie tyd spaar indien u die proppies reeds kan afdraai en in ’n afsonderlike sakkie of plastiekhouer kan uitplaas vir verwydering.
• Maak asseblief seker dat alle herwinbare vullis se houers leeg is. Herwinbare vullis met vuil of vrot inhoud is nie net onaangenaam nie, maar bemoeilik ook die verwerking daarvan.
• Ou motorolie kan in toe houers by die tegniese stoor afgelaai word. Die tegniese afdeling lewer die olie aan handelaars wat dit verder herwin.
• Dit help ons baie as vullisdromme of houers wat gebruik word om vullis uit te plaas, dreineringsgate in die bodem het. Dit verhoed dat houers met reĆ«nwater of ander vloeistowwe gevul is wanneer dit gelaai word.
• Die batterye van ou selfone en ā€œvapesā€ (elektroniese sigarette) word as sensitiewe materiaal geklassifiseer en moet asseblief afsonderlik uitgeplaas word. Indien hierdie items op die stortingsterrein beland, kan dit tot die ontstaan van brande lei.
Ons bedank graag elke inwoner wat getrou sorteer en die verwerking van herwinbare materiaal vergemaklik. Elkeen maak ’n reusebydrae om ons vullisvoetspoor so klein as moontlik te hou.
Kontak die Dorpskantoor gerus vir enige verdere navrae.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

120/2026
(Uitgereik op: 7 September, 2026)
Gemeenskapsdienste
119/2026
(Uitgereik op: 4 September, 2026)
Inligting en Skakeling
117/2026
(Uitgereik op: 1 September, 2026)
Korporatiewe Dienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls