Inwoners moet asseblief daarop let dat die verwydering van herwinbare vullis, wat onder normale omstandighede eerskomende Donderdag sou plaasvind, eers Vrydag sal geskied. Dit is omdat Donderdag Hemelvaartdag (‘n publieke vakansiedag in Orania) is.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof: Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik:🔗https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/