Opsomming: ‘n Groot gedeelte van Karoosig sal môre, Dinsdag 13 Mei, tussen 09:00 en 12:00 ‘n wateronderbreking ondervind.
As gevolg van netwerkkoppelings sal alle aandeelblokke op die kaart hieronder (meestal S-aandeelblokke in Karoosig, maar ook enkele N-aandeelblokke) in die oggend geen water hê nie.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/