Inwoners word vriendelik versoek om kennis te neem dat alle aandeelblokke in die nywerheidsgebied (N-blokke), wat aan Olienhoutrylaan grens en Oos daarvan geleë is (insluitend Ysterklipstraat en Sandsteenstraat), op Woensdag 22 Oktober ’n wateronderbreking sal ondervind tussen 09:00 en 14:00.
Die onderbreking is nodig om netwerkkoppelings te voltooi.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/