187/2024

WEES VERSIGTIG VIR VALS WHATSAPP BOODSKAPPE IN ONS GEMEENSKAP

Uitgereik op: 6 December 2024
Orania Veiligheidsdienste

0

WEES VERSIGTIG VIR VALS WHATSAPP BOODSKAPPE IN ONS GEMEENSKAP

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

WEES VERSIGTIG VIR VALS WHATSAPP BOODSKAPPE IN ONS GEMEENSKAP

Opsomming : Daar was oor die laaste paar dae vele gevalle van Oraniƫrs wat vals WhatsApp boodskappe vanaf ander Oraniƫrs ontvang het, waarin vir geld gevra word. Verifieƫr dus ALTYD telefonies voordat enige geld oorbetaal word.

Almal moet asseblief bedag wees daarop om nie uitgevang te word deur ‘n WhatsApp slenter wat hierdie week na vore gekom het nie. ‘n Hele paar gevalle het bekend geword waar lede van Orania WhatsApp groepe se nommers blykbaar onderskep is en deur skelms gebruik word om geld by ander mense te probeer kry. Hierdie versoeke is bedrog en word gemaak sonder dat die regte eienaar van die nommer daarvan bewus is.

Wat moet mense doen wanneer hulle ‘n verdagte boodskap ontvang :

1. Moet geen geld oorbetaal nie!

2. Verifieƫr telefonies of persoonlik met die persoon wat die boodskap gestuur het, sodat hulle ook bewus is daarvan dat hulle nommer deur skelms gebruik word.

3. Indien die onderskepte nommer ‘n Vodacom nommer is (wat blykbaar meestal waar is), moet dit dadelik by Francis by die Vodacom winkel aangemeld word, sodat sy die geval op hulle stelsels kan rapporteer en die nodige stappe geneem kan word.

4. As iemand se nommer reeds onderskep is, kan hulle in hul WhatsApp instellings kyk vir Gekoppelde Toestelle (“Linked Devices”) en alles verwyder wat nie daar hoort nie, wat moontlik die probleem sal oplos.

5. Mense kan hulself beskerm teen hierdie bedrog deur by hulle sekuriteit-instellings op WhatsApp ‘n e-pos adres (en dalk selfs ‘n PIN ook) op te stel, wat dit byna onmoontlik sal maak vir skelms om die nommer te onderskep.

U is, soos altyd, welkom om in kontak met die dorpsraad te tree oor enige onderwerp, deur van die volgende skakel gebruik te maak:

Vriendelike groete,

Ettiene de Lange

Hoof : Orania Veiligheidsdienste (OVD)

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

119/2026
(Uitgereik op: 4 September, 2026)
Inligting en Skakeling
117/2026
(Uitgereik op: 1 September, 2026)
Korporatiewe Dienste
116/2026
(Uitgereik op: 1 September, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls