Die Fietskinders-kunswerk is langs een van die besigste straathoeke in Orania geleƫ. Dit grens aan die stadsplein, wat tans in aanbou is en waar die nuwe President Paul Kruger-standbeeld opgerig gaan word.
Hierdie kunswerk het ‘n prettige aard en simboliseer hoe belangrik ons jongmense is, hoe hulle ons dorp se kultuur in vriendelike samehorigheid geniet, en hoe hulle deel is van die aktiwiteite in ons veilige dorpāselfs in die verkeer!