130/2026

BEDRIEËRS MISBRUIK ORANIA SE NAAM OM GELD BY BELANGSTELLENDES TE STEEL

Uitgereik op: 22 September 2026
Algemeen

0

BEDRIEËRS MISBRUIK ORANIA SE NAAM OM GELD BY BELANGSTELLENDES TE STEEL

130/2026

22 September 2026

Geagte Oraniërs,

BEDRIEËRS MISBRUIK ORANIA SE NAAM OM GELD BY BELANGSTELLENDES TE STEEL

Opsomming : Bedrieërs gebruik tans vals sosialemediaprofiele en misbruik die name, beeldmateriaal en besonderhede van Orania, die Orania Dorpskantoor, die Orania Beweging en bekende persone om voornemende inwoners te mislei. Minstens een persoon het reeds R12 000 verloor. Belangstellendes word dringend versoek om seker te maak dat hulle slegs deur Orania se amptelike kanale kommunikeer voordat enige geld oorbetaal word.

Die Orania Dorpsraad het bewus geword van ’n bedrogspul waarin die naam en besonderhede van Orania en sy instellings misbruik word om geld by mense te steel wat graag na Orania wil verhuis.

Die bedrieërs maak onder meer van vals sosialemediaprofiele gebruik en misbruik die name en beeldmateriaal van bekende persone wat met Orania verbind word. Die naam van Joost Strydom en die Orania Beweging is reeds op hierdie wyse misbruik, terwyl vals profiele ook in die name van ander bekende persone geskep word.

In die geval waarvan ons tans kennis dra, het ’n voornemende inwoner op sosiale media op inhoud afgekom wat oënskynlik met Orania verband hou. Sy is daarna deur persone genader wat voorgegee het dat hulle namens die Orania Dorpskantoor optree.

Die bedrieërs het onder meer ’n sogenaamde “Orania Development Program” gebruik en Orania se simboliek, asook die Dorpskantoor se fisiese adres en ander besonderhede, in hul korrespondensie aangebring om geloofwaardigheid te skep. Kommunikasie het deur vals Gmail- en Outlook-adresse en WhatsApp-profiele plaasgevind.

Daar is onder meer voorgegee dat ’n persoon teen betaling gehelp kan word om verblyfreg te bekom en dat verblyf en werk in Orania gereël sal word. Daar is selfs verwys na beweerde borgskap deur ’n maatskappy in die VSA.

In minstens een geval waarvan ons reeds bewus is, het ’n voornemende inwoner R12 000 aan die bedrieërs oorbetaal, waarna hulle verdwyn het.

Ons wil daarom die volgende baie duidelik onder belangstellendes en inwoners se aandag bring:
* Die Verblyfregkantoor se amptelike e-posadres is verblyfreg@myorania.co.za.
* Enige korrespondensie in Engels, of korrespondensie wat nie vanaf hierdie amptelike e-posadres gestuur word nie, is nie vanaf die Verblyfregkantoor nie.
* Die Verblyfregkantoor sal nie etlike duisende rande per aansoek eis om verblyfreg te bekom nie. Slegs die gewone, vasgestelde aansoekfooi is betaalbaar.
* Die Verblyfregkantoor verkoop of waarborg nie werk of verblyf teen betaling nie.
* Aansoekers kan bankbevestiging van die Dorpsraad se rekeningbesonderhede aanvra en ons beveel aan dat rekeningbesonderhede bevestig word voordat enige betaling gemaak word.
* Die feit dat ’n sosialemediaprofiel die naam, foto, video of ander materiaal van ’n bekende persoon of Orania-instansie gebruik, beteken nie dat die profiel werklik aan daardie persoon of instelling behoort nie.

Hierdie bedrogspul maak juis staat op die vertroue wat mense in Orania, sy instellings en bekende persone binne ons gemeenskap het. Daardie vertroue word doelbewus misbruik om die bedrog geloofwaardig te laat voorkom.

Ons versoek inwoners om hierdie waarskuwing ook met vriende en familie te deel wat dit oorweeg om na Orania te verhuis. Voornemende inwoners wat enigsins onseker is oor kommunikasie wat hulle ontvang het, moet eerder direk met die Verblyfregkantoor bevestig dat dit eg is voordat enige geld oorbetaal word.

Vriendelike groete,

Jan van Zyl
Hoof van Regspleging en Verblyfreg

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

130/2026
(Uitgereik op: 22 September, 2026)
Algemeen
129/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Algemeen
128/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
127/2026
(Uitgereik op: 16 September, 2026)
Uitvoerende Hoof

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls