Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
WATERONDERBREKING VIR ORANIA WES OP VRYDAG, 14 MAART
Neem asseblief kennis dat daar op Vrydag, 14 Maart 2025, ’n wateronderbreking in Orania-Wes (dus aan die vulstasie se kant van die R369) sal wees, tussen 09:00 en 12:00.
Hierdie onderbreking is noodsaaklik om ’n lekkasie op ’n netwerk-koppeling, wat geleidelik besig is om te vererger, betyds te herstel voordat dit ’n groter probleem word. Ons poog deurlopend om ons infrastruktuur se opgraderings en instandhouding op standaard te hou, wat soms tot onderbrekings soos hierdie lei.
Ons vra om verskoning vir enige ongerief, veral met die relatief kort kennisgewing in hierdie geval.
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…