148/2025

PUBLIEKE DEELNAMEPROSES OOR ORANIA SE VOORGESTELDE BEWAREAPLAN

Uitgereik op: 8 August 2025
Beplanning en Grondgebruik

0

PUBLIEKE DEELNAMEPROSES OOR ORANIA SE VOORGESTELDE BEWAREAPLAN

148/2025

8 Augustus 2025

Geagte Oraniƫrs,

PUBLIEKE DEELNAMEPROSES OOR ORANIA SE VOORGESTELDE BEWAREAPLAN

Opsomming : Die Orania-gemeenskap word uitgenooi om ’n voorgestelde Bewareaplan vir Orania te oorweeg en om voor 29 Augustus 2025 insette daaroor te lewer, soos nodig.

Die term ā€œBewareaā€ is ’n samestelling van die woorde ā€œbewaarā€ en ā€œareaā€ (sinoniem aan die Engelse woord conservancy). Dit verwys na ’n gebied waarin verskillende grondeienaars voortgaan met hul onderskeie normale aktiwiteite, maar waarin hulle besorgd is oor die bewaring van hul gesamentlike natuurlike hulpbronne (en kultuurhistoriese hulpbronne waar van toepassing) en dit dus gesamentlik formeel bestuur en bewaar, byvoorbeeld volgens die voorskrifte van ’n dokument soos hierdie Bewareaplan.

Die Orania Bewaringstigting het ’n Bewareaplan vir Orania laat opstel (deur mnr. A. v. W. Lambrechts – afgetrede bedryfsekoloog en voormalige direkteur van die Departement van Natuur- en Omgewingsbewaring in Transvaal), wat toe oorweeg is deur OAB se afdeling Beplanning en Grondgebruik, waarna dit deur die Grondgebruik- en Bestuurskomitee (GGBK) en ook die OAB-direksie goedgekeur is. Die dokument word nou aan die gemeenskap voorgehou vir publieke deelname, voordat dit amptelik geĆÆmplementeer gaan word.

Die Bewareaplan kan besigtig word by die afdeling Beplanning en Grondgebruik by die Dorpskantoor, of kan afgelaai word by die volgende skakel. https://myorania.co.za/dokumente/

Alle insette van die publiek moet asb voor of op 29 Augustus by Cobus Pretorius by die Dorpskantoor ingehandig word, of per e-pos gestuur word na cobus@myorania.co.za.

Vriendelike groete,

Cobus Pretorius
Hoof : Beplanning en Grondgebruik

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

130/2026
(Uitgereik op: 22 September, 2026)
Algemeen
129/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Algemeen
128/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
127/2026
(Uitgereik op: 16 September, 2026)
Uitvoerende Hoof

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls