170/2025
2 September 2025
Geagte Oraniƫrs,
OMPAD BY SERVITUUTPAD-INGANG OP 3 SEPTEMBER 2025
Opsomming : Daar sal mĆ“re opgrawings oor die breedte van die Servituutpad gedoen word naby die toegangshek vanaf die R369. ān Ompad sal egter beskikbaar wees.
OraniĆ«rs is bewus van die langverwagte en baie welkome opgradering van die Servituutpad met ān teeroppervlak, wat reeds van die Eurekakruising se kant af begin is. Benewens diĆ© werk sal die padoppervlak naby die toegangshek vanaf die R369 ook mĆ“re, Woensdag 3 September 2025, opgegrawe word.
Die sluiting word genoodsaak deur die uitgrawing vir die nuwe pomplyn deur die pad. ān Ompad verby die toegangshek sal voorsien word en inwoners word vriendelik versoek om net op die ompadborde te let en om versigtig te wees.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…