233/2025
11 Desember 2025
Geagte Oraniërs,
BESKIKBAARHEID VAN MEDIESE DIENSTE IN ORANIA OOR DIE VAKANSIETYDPERK
Opsomming : Die kliniek sal gesluit wees tussen 18 Desember en 5 Januarie, maar privaat mediese dienste sal steeds volgens hul eie ure beskikbaar wees.
Neem asseblief kennis dat die Orania-staatskliniek op 18 Desember sal sluit en, DV, weer op 5 Januarie 2026 sal oopmaak.
Hierdie sluiting is slegs van toepassing op die kliniek in Kleingeluk (wat deur die distriksgeneesheer in De Aar bestuur word), dus word private mediese dienste nie hierdeur geraak nie. Die ambulansdiens, apteek, doktersspreekkamers en mediese susters se ure word deur hulself bepaal en gekommunikeer.
Mediese noodgevalle kan steeds enige tyd hanteer word deur dit by die OVD-beheerkamer aan te meld by 060 501 7877.
Vriendelike groete,
Arno Lambrechts
Hoof : Gemeenskapsdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…