081/2026

LANDSWYE PROTESAKSIE IN SUID-AFRIKA EERSKOMENDE DINSDAG (30 JUNIE 2026)

Uitgereik op: 26 June 2026
Orania Veiligheidsdienste

0

LANDSWYE PROTESAKSIE IN SUID-AFRIKA EERSKOMENDE DINSDAG (30 JUNIE 2026)

081/2026

26 Junie 2026

Geagte Oraniërs,

LANDSWYE PROTESAKSIE IN SUID-AFRIKA EERSKOMENDE DINSDAG (30 JUNIE 2026)

Opsomming : Geen gevaar word vir Orania voorsien met Dinsdag se landswye protesoptrede teen onwettige buitelanders in Suid-Afrika nie, maar ons veiligheidspanne is tog goed voorbereid op moontlike gebeurlikhede.

Baie Oraniërs sal bewus wees daarvan dat daar eerskomende Dinsdag wydverspreide protesoptredes en betogings regoor Suid-Afrika verwag word (maar nie juis veel in die Noord-Kaap nie). Die “teiken” van hierdie aksies is grotendeels onwettige immigrante in die land, maar daar is ook opstokers wat mense probeer opsweep om meer as net dit te doen.

Hierdie situasie word reeds vir ‘n geruime tyd deur Orania Veiligheidsdienste (OVD) en die Orania Weerbaarheidsvereniging (OWV) dopgehou om seker te maak dat ons voorbereid is op enige gevaar wat moontlik in ons rigting mag kom. Die risiko-analise van die situasie toon egter op hierdie stadium dat dit hoogs onwaarskynlik is dat ons enige direkte gevaar loop. ‘n Wye verskeidenheid nuuskanale word in die analise gebruik, asook direkte skakeling met omliggende wetstoepassers, en alles dui daarop dat daar geen probleme in ons gebied behoort voor te kom nie.

Ons veiligheidstrukture is egter, soos altyd, in elk geval voorbereid op enige gebeurlikhede. Die beheerkamer is natuurlik 24 uur per dag operasioneel, en daar is goed ontwikkelde gebeurlikheidsplanne in plek vir die hantering van talle verskillende moontlike risiko’s. Benewens OVD se voltydse beamptes, is daar ook verskeie vrywilligerspanne in die OWV – met die nodige opleiding en toerusting – wat op bystand is om onmiddellik op enige moontlike gevare te reageer.

Daar is dus geen rede vir inwoners om hulle oormatig hieroor te bekommer nie, en ons kan almal, soos gewoonlik, in vertroue op Jesus se leiding en beskerming sorg dat ons paraat bly en saamwerk om ‘n veilige gemeenskap te verseker. Indien daar enigiets voorkom wat inwoners voel aangemeld moet word, kan dit gedoen word deur die beheerkamer te kontak by 053 207 0089 of 060 501 7877.

Orania groete,

Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS)

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

081/2026
(Uitgereik op: 26 June, 2026)
Orania Veiligheidsdienste
080/2026
(Uitgereik op: 23 June, 2026)
Inligting en Skakeling
079/2026
(Uitgereik op: 19 June, 2026)
Inligting en Skakeling
078/2026
(Uitgereik op: 18 June, 2026)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

11
Jul
Saturday 11 July, 2026
- 11 July, 2026
10:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am
3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm
8
Aug
Saturday 8 August, 2026
- 8 August, 2026
3:00 pm
12
Aug
Wednesday 12 August, 2026
- 12 August, 2026
9:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…