080/2026

VERKEER EN PARKERING TYDENS DIE WINTERSPELE – VERAL DONDERDAGOGGEND (25 JUNIE 2026)

Uitgereik op: 23 June 2026
Inligting en Skakeling

0

VERKEER EN PARKERING TYDENS DIE WINTERSPELE – VERAL DONDERDAGOGGEND (25 JUNIE 2026)

080/2026
23 Junie 2026
Geagte Oraniërs,
VERKEER EN PARKERING TYDENS DIE WINTERSPELE – VERAL DONDERDAGOGGEND (25 JUNIE 2026)
Opsomming : Die groot hoeveelheid besoekers vir die BCVO Winterspele arriveer binne die volgende twee dae in Orania. Inwoners word daarom versoek om hulself te vergewis van die verwagte groot toename in verkeer, asook van die amptelike parkeerterreine wat vir besoekers voorberei is.
Soos inwoners van Orania weet, gaan die res van hierdie week waarskynlik die besigste tydperk ooit in ons dorp wees, met ongeveer 3 000 besoekers wat hier gaan wees vir die BCVO Winterspele. Hierdie besoekers gaan die hoeveelheid voertuie op ons paaie waarskynlik meer as verdubbel. Dit is daarom belangrik dat ons as inwoners hiervan bewus is en daarvolgens beplan, sodat dit nie ons gewone werksaamhede onnodig beïnvloed nie.
Die besigste tyd gaan na verwagting Donderdagoggend vroeg wees, wanneer al die besoekers op een slag die amptelike opening van die Winterspele op CVO se sportgronde gaan bywoon. Die opening begin reeds om 06:30, en die verkeer kan dus moontlik reeds voor 06:00 aansienlik toeneem. Daarna sal besoekers vir die res van die week deurgaans kom en gaan, afhangend van wanneer die kinders se onderskeie wedstryde plaasvind.
Daar is drie amptelike parkeerterreine wat vir besoekers voorberei word (sien die lugfoto hieronder, wat die terreine naby onderskeidelik BKO, Oom Paul en Kleingeluk aandui). Al drie terreine sal waarskynlik Donderdagoggend gebruik word om die groot getal voertuie te akkommodeer. Die besoekers sal óf reeds Woensdagaand in Orania oornag óf Donderdagoggend vroeg hier arriveer. Daar word verwag dat hulle die dorp sal binnekom deur gebruik te maak van beide die hoofkruising (Pêrellaan) en die Servituutpad. Verkeersbeheer sal toegepas word deur OVD-beamptes, lede van die Weerbaarheidsvereniging en CVO-personeel en -vrywilligers.

 

Indien enige insidente plaasvind wat inwoners amptelik wil aanmeld, kan die beheerkamernommers (053 207 0089 en 060 501 7877) soos gewoonlik gebruik word.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad – Kommunikasiebestuurder
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

080/2026
(Uitgereik op: 23 June, 2026)
Inligting en Skakeling
079/2026
(Uitgereik op: 19 June, 2026)
Inligting en Skakeling
078/2026
(Uitgereik op: 18 June, 2026)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
11
Jul
Saturday 11 July, 2026
- 11 July, 2026
10:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am
3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…