Opmerking/Vraag: Is daar baie besighede te koop in Orania?
Nota - Volgens nuwe protokol word opmerking/vrae soms deur admin geredigeer om gepas te wees vir hierdie webwerf en om slegs die essensie daarvan weer te gee.
Aangesien Orania se owerheid moeite doen daarmee om nie onnodig in te meng met die natuurlike werking van ons vryemark-ekonomie nie, en aangesien besigheidseienaars dus die vryheid het om hule eie besighede te bedryf en te bemark soos hulle goeddink, is daar nie direkte statistiek beskikbaar om met sekerheid te stel of daar tans baie besighede in Orania te koop is of nie - en ook nie hoe dit verander het oor tyd nie.
Ons is natuurlik bewus van sekere redelike prominente besighede wat in die mark is, maar in teenstelling daarmee sien ons ook sterk nuwe besighede wat oopmaak of wat beplan om binnekort oop te maak.
Orania is geseƫnd dat daar vele tiene van miljoene Rande se nuwe ontwikkelings en beleggings in die dorp aan die gang is en die voortuitsig is dat sektore soos Opleiding, Toerisme, Landbou en Ligte Industrieƫ as gevolg van hierdie beleggings 'n gunstige toekomsverwagting kan handhaaf!
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…