Hoekom verkoop so baie mense hulle huise in Orania?
By verre die meeste eiendomme wat in Orania in die mark is, is tekens van ontwikkeling. Dit is bv goed soos nuwe ontwikkelings wat vir die eerste keer op die mark kom, onderverdelings, mense wat binne die dorp trek ens. Die hoeveelheid eiendomme wat verkoop word omdat mense hul bande met Orania breek en wegtrek is 'n baie klein minderheid (minder as 10%).
Daar is steeds 'n gesonde mark vir die aankoop van eiendomme, wat daarop dui dat selfs indien daar meer eiendomme in die mark sou wees as gevolg van mense wat die dorp verlaat, daar steeds ten minste net soveel mense is wat in die dorp intrek en die eiendomme koop. Mens kan dit sien deurdat die pryse van eiendomme nie afgeneem het oor die laaste jaar of twee nie - sien bv die 2024 Sensus vir details van koste van beide beboude- en onbeboude aandeelblokke wat verhandel is (huur-kostes het wel afgeneem). Die vraag-en-aanbod wisselwerking sou pryse laat afneem het indien daar meer mense was wat wou verkoop as wat daar mense was wat wou koop.
Ons volgende sensus vind oor bietjie meer as twee maande plaas en die telling van inwoners sal dan interessant wees om te sien watter tendense in getalle mens kan sien teenoor vorige jare en dit sal ook tot 'n mate 'n antwoord op jou vraag kan gee - so mens sal dan met beter opgedateerde feite werk, as die effense spekulasie waarmee ons tans besig is.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…