Goeie dag
Hierdie is nie regtig 'n klagte nie, maar ons is in nood.
Ek en my broer ondersteun vir Orania se Helpsaamfonds al vir 'n klompie jare, en ongelukkig (soos dit maar in Suid Afrika gaan) het ons deel van die werklose populasie geword.
Ek besef julle het 'n verblyfregproses vir 'n rede, maar as ons nie binnekort geld maak nie, gaan daar nie eers vir ons 'n huis wees om in te bly waar ons nou sit hier in Kaapstad nie. Ons wil ook nie net op pak en daar opdaag en verwag dat als aan ons gegee word nie.
Ons is harde werkers, ons wil als ordelik doen maar tyd is teen ons. Wat is die vinnigste roete dat ons help sal kry om in Orania te kom vestig, en daarby gese, by te dra sodat ons nie soos sommiges buikhandig staan op straat nie?
Let wel ek is 24 jaar oud en my broer is 32.
Baie dankie vir jou tyd en ek hoop om spoedig 'n plan van aksie kan maak.
Groete
Jean Roux
Voor ons antwoord op die boodskap, wil ons net noem dat ons vermoed dat dit waarskynlik verkeerdelik op hierdie Anonieme Forum geplaas is, want dit sou meer sin maak as julle van die gewone "Kontak Ons"-skakel gebruik gemaak het, waar dit moontlik is om 'n privaat gesprek met julle te voer. Maar aangesien dit op die Anonieme Forum is, sal ons die antwoord op julle boodskap hier moet plaas, waar dit aan die publiek sigbaar is. Indien julle egter die gesprek verder privaat wil hou, kan julle dit doen deur 'n e-pos te stuur na inligting@myorania.co.za.
Ons is jammer om te sien dat julle in só 'n moeilike situasie verkeer en hoop en bid dat daar spoedig vir julle uitkoms sal wees.
Dis goed om te sien dat julle reeds bewus is daarvan dat almal wat in Orania wil woon of werk, Verblyfreg moet bekom. Dit is 'n streng vereiste waaraan julle beslis ook sal moet voldoen. Dit is egter wel moontlik om eers werk in Orania te kry en dan, tydens 'n grasieperiode van enkele weke, die verblyfreg te bekom terwyl julle reeds begin werk (werkgewers is oor die algemeen baie tegemoetkomend om seker te maak dat hulle nuwe werknemers die nodige tyd het om al die stappe van die proses betyds af te handel).
Ons beveel dit sterk af dat mense, veral diegene wat nie in 'n goeie finansiële toestand is nie, net Orania toe kom sonder 'n plan en dan bloot hoop dat dinge sal uitwerk sodra hulle eers hier is, want dit is 'n strategie wat in bykans alle gevalle onsuksesvol is en mense later in 'n selfs slegter situasie laat as waarin hulle was toe hulle hier aangekom het.
As dit moontlik is vir mense om Orania eers te besoek en hier na geleenthede te kyk om hulself te kan onderhou, is dit die beste opsie. Indien dit egter nie moontlik is nie, kan ons plaaslike personeelagente gekontak word om te probeer help om 'n werksgeleentheid in ons vryemark-ekonomie te vind. Volg gerus die volgende skakel om meer inligting oor hulle te kry.
Baie sterkte vir julle. Ons hoop dat die Here dit so sal bestem dat julle eendag mede-Oraniërs sal wees!
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…