opmerkings

Vreemde reaksie: Burger van Orania

Burger van Orania,

Ek het jou antwoord op my kommentaar rakende Orania se Suurpruime gelees en sien dat jy graag statistiek gebruik om die onsmaaklikheid van die plasings op die anonieme forum te regverdig en dan aan die hand daarvan teen my te velde te trek.

Kom ek stel dit dan so: Ek volg 'n hele rukkie al Orania op sosiale media en wat julle vermag gryp nogal my verbeelding aan. Wanneer ek daar besoek is dit Oraniërs wat vir my vertel dat die bestuur en establishment deur 'n klein groepie gekaap is, wat nie wil hê Orania moet groei nie. Sommige mense is onsmaaklik negatief en kla teenoor my (iemand wat hulle nie goed ken nie) oor magsvergrype, viktimisering en mal duur heffings.

Nou volg ek die Dorpsraad se webblad en kom op die annonieme forum af. Hier sien ek hoe Oraniërs so te sê kla oor alles. Hulle vomeer allerhande klagtes op 'n openbare forum wat regtig Orania onsmaaklik laat lyk - en my eie ervaring bevestig.

Nou kom ek en wys op my gefrustreerde manier daarna en jy beskuldig my van allerhande dinge.

Doen jouself 'n guns en lees deur al die plasings op hierdie forum en vra jouself af of my opmerkings nie dalk te na aan jou vel gekom het nie.

Stel jouself die volgende voor: Jy het 'n selfoonwinkel en ek kom om 'n kontrak uit te neem. Ek sien hoe 'n paar van jou kliënte soos maniake teenoor jou te velde trek en ook teenoor mekaar. Wat is my indruk? Dan vra ek jou: "Wat is hulle probleem, dat hulle so onredelike en ongeskik is? Ek is nie meer gemaklik om hier iets te koop nie." Dan trek jy as winkeleienaar teen my te velde en vertel my hoe sleg ek is en dan jaag jy my uit jou winkel uit.

Vreemde benadering wat julle daar in Orania het...

Terugvoering

Ons is bevrees dat jy blykbaar die punt wat ons in antwoord op jou vorige plasing gemaak het, heeltemal gemis het. So, as ’n laaste poging, sal ons weer probeer.

Jou voorbeeld van die selfoonwinkel maak nie juis sin nie. As jy 'n akkurate analogie wou trek, moes daar duisende gelukkige kliënte in die winkel gewees het wat graag hul besigheid daar wil voortsit, terwyl daar miskien so een of twee is wat eers met die bestuurder wil gesels. As jy — as voornemende nuwe kliënt — as gevolg daarvan besluit om weg te loop, is dit op emosie gebaseer, nie op logika en insig nie.

Let asb ook op die volgende:

  1. Ons hanteer insette vanaf ons eie mense nogal anders as insette vanaf eksterne vyande soos jy. As iemand deel van ons gemeenskap is, het hulle die reg om feller kritiek te lewer, want op die einde van die dag is ons almal betrokke by dieselfde strewe na vryheid. Daar is soms dinge waaroor ons van mekaar verskil, maar ons kan dit uitpraat en weer saamwerk. Wanneer iemand soos jy van buite af kommentaar lewer wat slegs die doel het om te beledig en te verneder, het ons nie dieselfde simpatie nie. Lewer gerus konstruktiewe kritiek — maar beledigende opmerkings oor ons mense is nie welkom nie.
  2. Jy kan tog self tel dat minder as die helfte van 1 persent van Oraniërs in ’n gemiddelde week ’n klagte op hierdie forum plaas. Dis dus duidelik dat jou poging om hierdie forum as bewys aan te voer dat ons mense “suur” is, geen waarheid bevat nie.
  3. Die feit dat jy dit reggekry het om met ’n paar ongelukkige Oraniërs te praat wat vir jou onakkurate negatiewe dinge vertel het, beteken nie veel nie. Natuurlik is daar sulke mense in ’n gemeenskap waarin elkeen vry is om hul eie opinies te huldig, maar dit dra nie water teenoor die gemeenskapswye meningsopnames waarmee ons statisties kan bewys dat die gemiddelde Oraniër baie gelukkig is nie. Ons kan bv met statistiese sekerheid stel dat ons gemeenskap ’n gemiddelde punt van amper 8/10 gee vir hoe gelukkig hulle in Orania is en tot watter mate hulle die dorp vir buitestaanders sal aanbeveel. Die munisipaliteit kry meer as 8/10. Inwoners gee 8.4/10 vir hulle ooreenstemming met die dorpsbestuur se visie van ’n vrye land vir Afrikaners wat God behaag. Ons inwoners voel dat die waarskynlikheid dat hulle nog lank in Orania sal bly, 8/10 kry. Inwoners voel só veilig om enige tyd van die dag alleen in die strate te loop dat hulle dit 9.3/10 gee! Al hierdie feite dui nou nie juis op ’n algemeen ongelukkige bevolking nie, of hoe?
  4. Dis ironies dat jy as bewys vir jou opinie noem dat van ons inwoners vir jou sê dat die bestuur van die dorp glo ontwikkeling teenwerk, want die werklikheid is dat daar ook inwoners is wat voel dat die bestuur te veel ontwikkeling toelaat! Dis ’n goeie bewys daarvan dat jou beperkte persoonlike gesprekke nie eers ’n goeie meting gemaak het van die strekking van plaaslike kritiek nie — wat nog te sê van die gemiddelde opinies van die oorgrote meerderheid van ons positiewe mense?! Die feit is dat die bestuur van die dorp passievol werk om die dorp te ontwikkel sodat ons geleidelik nader groei aan ons vryheid, en aangesien hulle kritiek van beide kante ontvang, dui dit waarskynlik daarop dat die huidige tempo korrek is.
  5. Jy glo dit blykbaar as iemand wat verkeerd ingelig is, vir jou vertel dat ons heffings “mal duur” is. Lees gerus die kennisgewing by MUNISIPALE VERGELYKING TUSSEN ORANIA EN OUDTSHOORN – My Orania, wat daardie standpunt totaal verkeerd bewys. Orania het in werklikheid goedkoper heffings as vergelykbare ander dorpe, ten spyte daarvan dat ons nie, soos hulle, deur die staat gesubsidieer word nie!

 

Ter afsluiting wil ons noem dat ons nie dink hierdie gesprek sal verder enige waarde hê op hierdie forum nie, so ons gaan enige verdere terugvoer van jou af nie hier plaas nie. Ons sal egter met graagte die gesprek met jou privaat voortsit as jy wil, so stuur gerus 'n e-pos  na inligting@myorania.co.za as jy so wil maak. Jy is selfs baie welkom om ons te kom besoek, want die "Burger van Orania" waarna jy verwys sal jou met graagte vir 'n koffie vat sodat julle mekaar van aangesig-tot-aangesig goed kan verstaan en hopelik op redelike goeie voet kan uitmekaargaan. Ons is gewoond daaraan om selfs vyande soos die EFF hier te verwelkom met koffie en koeksisters, so ons is seker dit sal nog beter kan gaan met jou! :-)

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

072/2026
(Uitgereik op: 2 June, 2026)
Gemeenskapsdienste
071/2026
(Uitgereik op: 1 June, 2026)
Ingenieursdiente
070/2026
(Uitgereik op: 1 June, 2026)
Ingenieursdiente
069/2026
(Uitgereik op: 28 May, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
11
Jul
Saturday 11 July, 2026
- 11 July, 2026
10:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…