003/2025

Aansoeke vir Grondgebruik

Uitgereik op: 10 January 2025
Beplanning en Grondgebruik

0

Aansoeke vir Grondgebruik

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

AANSOEKE VIR GRONDGEBRUIK

Opsomming : Enige grondgebruikaansoeke wat grensverskuiwings, konsolidasies of onderverdelings behels, moet asseblief die dorpskantoor bereik voor of op 24 Februarie 2025, om betyds te wees om in Mei deur die OAB se Spesiale Vergadering oorweeg te word.

Neem asseblief kennis dat die Orania Grondgebruiktribunaal (voorheen GGBK) se geskeduleerde vergadering van 28 Februarie 2025 die laaste geleentheid bied om aansoeke vir grondgebruik in te dien wat in Mei goedgekeur kan word.

Indien die aansoeke grensverskuiwings, konsolidasies en onderverdelingsaansoeke van aandeelblokke behels, sal finale goedkeuring by Orania Aandeleblok (RF) (Edms) Bpk (OAB) se spesiale vergadering wat vir Mei 2025 geskeduleer is, geskied. Grondgebruikaansoeke behels ʼn proses waar dit eers by die Tribunaal oorweeg word en dan na OAB-direksie verwys word vir goedkeuring. Daarna is dit aan ‘n 21-dae-openbare deelnameproses onderhewig en dan word dit na die OAB se Spesiale Vergadering vir finale goedkeuring verwys.

Ons versoek dus dat grondgebruikaansoeke die dorpskantoor nie later as 24 Februarie 2025 bereik nie.

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur van die volgende skakel gebruik te maak:

https://myorania.co.za/kontak-ons/

Vriendelike groete,

Cobus Pretoriu

Hoof: Beplanning en Grondgebruik

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

004/2025
(Uitgereik op: 13 January, 2025)
Ingenieursdiente
003/2025
(Uitgereik op: 10 January, 2025)
Beplanning en Grondgebruik
002/2025
(Uitgereik op: 8 January, 2025)
Ingenieursdiente
001/2025
(Uitgereik op: 6 January, 2025)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Jan
Saturday 18 January, 2025
Algemeen
24
Jan
Friday 24 January, 2025
- 24 January, 2025
7:00 pm
24
Jan
Friday 24 January, 2025
27
Feb
Thursday 27 February, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…