Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
KARNAVAL VLOTOPTOG
Ons sien weereens baie uit na vanjaar se vlotoptog, wat plaasvind op Vrydag, die 27ste September. Ons almal kom 15h00 bymekaar by die Eureka Kruising in Olienhoutrylaan. Almal vertrek dan stiptelik om 15h30 van daar af na die karnavalterrein. Almal is dus welkom om vanaf 14h30 by Eureka se parkeer area bymekaar te kom.
Dit is nog nie te laat om `n vlot in te skryf vir u besigheid of instansie nie en ons nooi almal hartlik uit om deel te neem aan die pret. Vlot inskrywings is gratis maar moet wel vooraf geregistreer word. Daar is boonop groot pryse op die spel!
Praat gerus met Jenny by 053 207 0063 vir meer inligting. Onthou, die tema is “ONS EIE” en die klem word gelê op die gebruik van herwinbare materiale, so kostes vir die vlotte sal nie te hoog raak nie. Vir interessantheid, die vlotoptog gaan nie net oor vlotte nie, ons gaan ook loop! Ons wil graag hê dat soveel moontlik mense saam met ons moet deelneem aan die optog. Trouens, al die personeel van die Dorpsraad gaan ook saam stap. Trek dus iets vroliks aan en kom val in!
Die tyd is min. Ons kuier binnekort lekker saam!
Groete,
Arno Lambrechts
Karnavalmeester
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…