Ons wil inwoners in kennis stel dat die onlangse gevalle waar die krag vir kort periodes af was, deur tekortkominge op die ESKOM toevoer veroorsaak is.
Dit blyk dat die ESKOM netwerk spanningsvalle ondervind, wat veroorsaak dat die hoofbrekers uitskop. Ons is tans in gesprek met hulle om die probleem te probeer uitklaar.