179/2024

2024 SENSUSOPNAME GAAN VOLGENDE WEEK GEDOEN WORD

Uitgereik op: 26 November 2024
Beplanning en Grondgebruik

0

2024 SENSUSOPNAME GAAN VOLGENDE WEEK GEDOEN WORD

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

2024 SENSUSOPNAME GAAN VOLGENDE WEEK GEDOEN WORD

Opsomming : Die jaarlikse sensusopname vind volgende week plaas (2 tot 6 Desember), so inwoners kan verwag om op verskillende maniere daaroor gekontak te word.

Let asb daarop dat die opname vir Orania se 2024 sensus volgende week gedoen gaan word. Inligting gaan op verskillende maniere vanaf inwoners versamel word, soos bv deur telefoon oproepe, fisiese sensusvorms wat by OAB aandeelblokke afgelewer sal word, besighede, skole en instellings wat gekontak sal word, ens. Die bestuur van Kambro, 272 en VKN sal ook van hulle kant af met inwoners op daardie grondentiteite kontak maak om inligting vir die sensus te bekom.

Daar is ‘n proses in plek om duplisering te voorkom, so inwoners hoef nie bekommerd daaroor te wees as hulle inligting deur bv hulself en ook deur hul werkgewer verskaf word nie.

Die inligting wat deur sensusopnames ingesamel word is van groot waarde vir die mees effektiewe bestuur van die dorp en vir korrekte beplanning vir die toekoms, so inwoners word dus aangemoedig om asb hul samewerking te gee en om antwoorde te verskaf wat so akkuraat as moontlik is.

Ons pas die voorskrifte van die POPIA-wetgewing toe en sal dus alle inligting streng privaat hanteer.

Hier volg ’n kort uiteensetting van die vrae wat gevra gaan word:

Aandeelblok: A, B, E, H, K, S plus die nommer bv: K123; VKN Dorp/Oewer 123 of Plaas 272 Nooitgedacht Huis 123

Aantal huishoudings op die aandeelblok of erf: (indien daar ‘n woonstel met huurders is, word hulle ook by die primêre huishouding getel)

Aantal Volwassenes:

Aantal Kinders:

Aantal Geboortes: Ons gaan vanaf hierdie jaar ook statistiek te hou van al Orania se “nuwelinge”, so as daar gesinne is wat geseënd was met ’n pienkvoet, moet dit asb ook aangedui word. Ons sal aanneem dat die getal kinders ook die nuweling insluit.

Indien daar spesifieke vrae oor die sensusopname is, kan Jennifer Loots by die Dorpskantoor gekontak word (053 207 0063), of kan van die volgende skakel gebruik gemaak word:

Vriendelike groete,

Cobus Pretorius

Hoof : Beplanning en Grondgebruik

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

179/2024
(Uitgereik op: 26 November, 2024)
Beplanning en Grondgebruik
177/2024
(Uitgereik op: 21 November, 2024)
Orania Veiligheidsdienste
176/2024
(Uitgereik op: 21 November, 2024)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

6
Dec
Friday 6 December, 2024
Algemeen
6
Dec
Friday 6 December, 2024
- 6 December, 2024
6:00 pm
Algemeen
6
Dec
Friday 6 December, 2024
7
Dec
Saturday 7 December, 2024
8:00 am
11
Dec
Wednesday 11 December, 2024
Algemeen

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…