201/2025
28 Oktober 2025
Geagte Oraniërs,
ALLEENREG VIR HERWINNING OP DIE VULLISTERREIN IS BESKIKBAAR AAN IEMAND UIT DIE ORANIA-GEMEENSKAP
Opsomming : Daar is ‘n geleentheid vir iemand in Orania om alleenreg te verkry om herwinbare materiaal (glas, karton, sekere soorte plastiek en metaal) vir hul eie wins op die vullisterrein te sorteer en te verwyder.
Orania se inwoners is oor die algemeen baie getrou in die sortering van hul herwinbare vullis. Dit gebeur egter steeds dat herwinbare materiaal soms nie gesorteer word nie en uiteindelik op die afvalhoop beland. Daar is dus nou ’n geleentheid vir enige privaat persoon of besigheid om, in samewerking met die Dorpsraad, op ’n meer formele basis die verwydering en herwinning van herwinbare materiaal vanaf die afvalhoop te hanteer.
Die mark vir herwinbare materiaal is baie mededingend, met klein winsmarges, wat beteken dat daar nie ruimte is vir veelvuldige mense om hierdie funksie in Orania finansieel sinvol te verrig nie. Daarom het die Dorpsraad dit goedgedink om besighede of privaat persone die geleentheid te bied om ’n aanbod te maak vir alleenreg (’n vyfjaar-kontrak met die opsie om te hernu) om herwinbare materiaal vanaf die afvalhoop te herwin.
Ons nooi dus alle belangstellendes uit na ’n inligtingsvergadering hieroor, wat op Vrydag 31 Oktober om 10:00 by die Dorpskantoor sal plaasvind. Bevestig asseblief u bywoning voor Donderdag 30 Oktober om 12:00, sodat ons die nodige dokumentasie vir die vergadering kan voorberei.
Dis belangrik om kennis te neem van die volgende:
• Die algemene publiek sal steeds (soos tans) vrye toegang tot die perseel hê tydens besigheidsure en sal ook geregtig wees om enige bruikbare items vanaf die stortingsterrein te neem. Dit is slegs die gewone herwinbare materiaal (glas, sekere soorte plastiek, karton en metaal) op die afvalhoop wat vir die suksesvolle privaat persoon of besigheid gereserveer sal word.
• Die Dorpsraad se herwinningsprogram gaan voort soos normaal.
Kontak my gerus by andre@myorania.co.za of op 053 207 0063 met enige verdere navrae.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof – Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…