141/2025

DEELNAME AAN HEELWAT AKTIWITEITE RONDOM DIE KARNAVAL SAL GRATIS WEES

Uitgereik op: 1 August 2025
Gemeenskapsdienste

0

DEELNAME AAN HEELWAT AKTIWITEITE RONDOM DIE KARNAVAL SAL GRATIS WEES

141/2025

1 Augustus 2025

Geagte Oraniërs,

DEELNAME AAN HEELWAT AKTIWITEITE RONDOM DIE KARNAVAL SAL GRATIS WEES

Opsomming : Deelname aan die Neon Nagdraf op 9 Oktober, asook toegang tot die Karnaval op 10 Oktober, sal gratis wees.

Ons vorder fluks met die voorbereidings vir die 2025 Karnaval. Dit beloof om vanjaar werklik iets besonders te wees en ons hoop om saam met soveel as moontlik van ons vriende, gaste en inwoners te kan kuier tussen Donderdag 9 Oktober en Saterdag 11 Oktober.

Ter wille van gemeenskapsbetrokkenheid het ons besluit om die 2025 Karnaval op ’n hoogtepunt af te skop deur die Neon Nagdraf op Donderdagaand 9 Oktober, anders as in vorige jare, gratis te maak! Dis reg — ons gaan almal as vriende en gesinne die vrolikheid van die Karnaval deel deur ’n jolige stap- en drafgeleentheid deur ons pragtige dorp se strate te onderneem. Maar hierdie keer kos dit niks nie — net ’n vriendelike gesindheid en ’n glimlag!

Ons moet egter steeds ons sente omdraai, en omdat daar geen inkomste vanaf die Nagdraf sal wees nie, kan ons ongelukkig nie weer soos gewoonlik neonverf voorsien nie. Maar dit beteken nie dat ons almal soos vaaljapies hoef te lyk nie — verskeie plaaslike besighede het hand opgesteek en sal allerhande bont en neon verf en fieterjasies beskikbaar stel. Loer dus vooraf in by een van die volgende ondernemings:

Eureka ; Knapsak : Kontreiwinkel ; Oraspens
…of koop iets op die dag self op die terrein, waar party van hulle stalletjies sal hê.

Behalwe dat deelname aan die Neon Nagdraf hierdie jaar kosteloos is, sal alle aktiwiteite op Vrydag 10 Oktober ook heeltemal gratis wees. Dit sluit onder andere die onthulling van die Pres. Kruger-standbeeld (wat ons strewe na vryheid simboliseer), ’n optrede deur Ruhan Du Toit (van Monumentaal-faam) en vele meer in.

Almal word dus uitgenooi om vroegmiddag saam met ons die onthulling van die Krugerbeeld by te woon (op die oop stuk grond agter die Werksgebou wat tans in aanbou is, oorkant OVD). Daarna stap ons saam met die vlotoptog na die sportterrein, waar daar heerlike aktiwiteite op ieder en elk wag — gratis!

Volg alle karnavalnuus by www.oraniakarnaval.co.za of sluit aan by ons WhatsApp groep by https://chat.whatsapp.com/FphegQotoyT9fSfVL4WddL.

Vriendelike groete,

Arno Lambrechts
Karnavalmeester

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Maps Calender Kategorie Select Filter
Kalendar Agemene gebeure Checkbox Filter
Kalendar Tersiêre Instellings Checkbox Filter
Kalendar Feeste Checkbox Filter
Kalendar Gemeenskapsprojekte Checkbox Filter
Kalendar Karnaval Checkbox Filter
Kalendar Kerke Checkbox Filter
Kalendar Kultuur Checkbox Filter
Kalendar Markte Checkbox Filter
Kalendar Musiek Checkbox Filter
Kalendar Orania Vakansiedae Checkbox Filter
Kalendar SA Vakansies Checkbox Filter
Kalendar Skole Checkbox Filter
Kalendar Sport Checkbox Filter
Kalendar Vergaderings Checkbox Filter
Orientering Checkbox Filter
Kalendar Ander Checkbox Filter

Filters:

Kalendar Agemene gebeure Checkbox Filter
Kalendar Tersiêre Instellings Checkbox Filter
Kalendar Feeste Checkbox Filter
Kalendar Gemeenskapsprojekte Checkbox Filter
Kalendar Karnaval Checkbox Filter
Kalendar Kerke Checkbox Filter
Kalendar Kultuur Checkbox Filter
Kalendar Musiek Checkbox Filter
Kalendar Orania Vakansiedae Checkbox Filter
Orientering Checkbox Filter
Kalendar SA Vakansies Checkbox Filter
Kalendar Skole Checkbox Filter
Kalendar Sport Checkbox Filter
Kalendar Vergaderings Checkbox Filter
Kalendar Ander Checkbox Filter

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Maps Calender Kategorie Select Filter

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

073/2026
(Uitgereik op: 9 June, 2026)
Ingenieursdiente
072/2026
(Uitgereik op: 2 June, 2026)
Gemeenskapsdienste
071/2026
(Uitgereik op: 1 June, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
11
Jul
Saturday 11 July, 2026
- 11 July, 2026
10:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am
3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…