012/2025

DIE ORASOL BATTERY HET BEURTKRAG IN ORANIA TOTAAL VOORKOM DIE AFGELOPE NAWEEK

Uitgereik op: 3 February 2025
Inligting en Skakeling

0

DIE ORASOL BATTERY HET BEURTKRAG IN ORANIA TOTAAL VOORKOM DIE AFGELOPE NAWEEK

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

DIE ORASOL BATTERY HET BEURTKRAG IN ORANIA TOTAAL VOORKOM DIE AFGELOPE NAWEEK

Opsomming : Orasol se battery het uitstekende diens gelewer die afgelope naweek en gehelp dat Orania geen beurtkrag ondervind het tydens die nasionale beurtkrag tydperk nie.

Meeste inwoners is bewus daarvan dat Suid Afrika laas Vrydag en Saterdag beurtkrag ondervind het. As deel daarvan was Orania veronderstel om vier keer vir twee ure nie krag te hê nie, maar die battery het gesorg dat ons in werklikheid geen onderbreking ervaar het nie.

Aangesien die battery nou weer ‘n onderwerp van groot bespreking in Orania is, wil ons graag verdere inligting daaroor deel in die volgende punte:

• Die feit dat die battery vir ons die beduidende praktiese voordeel bied om tot ’n groot mate bestand te wees teen beurtkrag, is uitstekend, maar mens moet onthou dat daar eintlik ook ’n groter visie daarmee saamgaan, naamlik om onafhanklik en selfstandig te word vir al ons behoeftes. Of Suid-Afrika nou krag het of nie, die toekomstige onafhanklike staat, Orania, wil volledig in beheer wees van sy eie energie en die sonplaas en battery speel ’n groot rol daarin.

• Met beplande onderbrekings soos hierdie vind die oorskakeling vanaf Eskom na die battery totaal soomloos plaas, sodat gebruikers dit nie eers agterkom nie. Wanneer Eskom egter onbeplande onderbrekings ondervind, is die oorskakeling nie onmiddellik en soomloos nie. Die netwerk- en batterybestuurstelsels word deurgaans verbeter en in die toekoms sal selfs onbeplande onderbrekings vinnig hanteer kan word.

• Orania het ’n baie goeie verhouding en ’n unieke ooreenkoms met Eskom, waarvolgens die elektrisiteitstoevoer na ons in werklikheid nooit tydens beurtkrag afgesny word nie, omdat ons onderneem het om gedurende daardie periodes slegs van die battery gebruik te maak. Dit bied vir Eskom die voordeel dat hul lading verminder word soos nodig, terwyl ons die voordeel het dat dit tegnies baie makliker is om te bestuur en dat die oorskakeling na en van die battery glad verloop.

• Selfs indien beurtkrag weer gereeld sou voorkom, behoort die kombinasie van die sonplaas en die battery daarvoor te sorg dat Orania elke dag minstens tussen 06:00 en 22:00 krag sal hê.

• Orasol se bestuur bedank die gemeenskap dat hulle hul elektrisiteitsgebruik Vrydagaand beperk het, soos versoek. Saterdagaand, toe ’n vermindering in gebruik nie versoek is nie, was die elektrisiteitsverbruik in die dorp omtrent 30% hoër as Vrydagaand – ongeveer 1.4 MW op Saterdag teenoor minder as 1.1 MW op Vrydag.

• Die aandeelhouers van Orasol, die maatskappy wat die sonplaas en battery besit en bestuur, is OAB (deur ’n volfiliaal, Orania Infrastruktuur Eiendoms Beperk) en 272. Daar is dus dank aan hul direksies verskuldig vir hul versiendheid om die gunstige situasie waarin ons onsself nou bevind, te bewerkstellig. Baie van die sukses van hierdie projek is ook te danke aan die tegniese bestuur van die Dorpsraad en Orasol.

• Slegs mense wat ’n elektriese koppeling met Orania het, betaal ’n batteryheffing en kry die voordele wat die battery bied. Dus is VKN en die meeste van Kambroo (wat die Vlakte insluit) nie deel van hierdie stelsel nie. Wat 272 betref, is slegs die waterpompe ingesluit. Die batteryheffing wat op elke gekoppelde rekening gehef word, beloop R4.99 (BTW ingesluit) per ampère. Dus kos ’n gemiddelde aansluiting van 30 ampère R149.70 per maand.

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur van die “Kontak Ons” funksie op die webwerf gebruik te maak (https://myorania.co.za/kontak-ons/) of van die Anonieme Forum. (https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/)

Vriendelike groete,

Burger Lambrechts

Orania Dorpsraad Kommunikasiebeampte

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling
045/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Ingenieursdiente
044/2026
(Uitgereik op: 15 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…