180/2024

DIEF VASGETREK DANKSY GEMEENSKAPSAMEWERKING

Uitgereik op: 3 December 2024
Inligting en Skakeling

0

DIEF VASGETREK DANKSY GEMEENSKAPSAMEWERKING

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

DIEF VASGETREK DANKSY GEMEENSKAPSAMEWERKING

Opsomming : ‘n Dief is gister vasgetrek nadat verskeie wenke ontvang is, wat weereens die waarde van gemeenskapsbetrokkenheid in ‘n veilige dorp beklemtoon.

Daar was onlangs ‘n vlaag van klein diefstalle in Orania, veral in die Kleingeluk-omgewing. Die gesteelde items het gewissel van dinge soos beskuit en oorfone wat uit ‘n motor geneem is, tot tuingereedskap en selfs elektriese toerusting.

Heelwat van die slagoffers van hierdie diefstalle het dit as onbenullig beskou en dit daarom nie aangemeld nie. Nadat sommige dit egter wel aangemeld het, kon ondersoekers van Orania Veiligheidsdienste (OVD) ‘n verdagte identifiseer en is ‘n persoon met ‘n redelike groot hoeveelheid gesteelde goedere betrap. ‘n Amptelike regspraakproses is begin, wat kan lei tot die onttrekking van die persoon se Orania-verblyfreg. Die verdagte het ook positief getoets vir dwelms, so hy moet onmiddellik die dorp verlaat en mag eers weer hierheen kom vir die dissiplinêre verhoor oor die diefstal.

Belangrike punte om te onthou:

1. Selfs klein misdade moet asseblief by OVD aangemeld word. Verskeie “onbenullige” bydraes kan soms saamtel om ‘n groter misdaad te voorkom. OVD beskik byvoorbeeld oor ‘n kameranetwerk wat groot dele van Orania dek, en misdadigers kan soms vasgetrek word sonder dat hulle bewus is van die tegnologie wat teen hulle gebruik word.

2. Orania is ‘n besonder veilige dorp waar selfs klein diefstalle skaars is. Tog kan een vrot appel in ons geledere ‘n klomp mense negatief beïnvloed. Dit is daarom belangrik dat die hele gemeenskap paraat bly en hul deel doen om sulke situasies te voorkom.

3. Enige diefstal word in Orania uiters ernstig opgeneem en kan lei tot die terugtrek van verblyfreg indien iemand skuldig bevind word.

4. Bewese diefstal lei ook tot ‘n totale verlies van respek binne die gemeenskap. Eerlikheid word hoog op prys gestel in die Boerekultuur en diewe het geen plek in ons Christen-Afrikaner dorp nie.

U is, soos altyd, welkom om enige vrae oor hierdie of enige ander onderwerp aan die dorpsraad te rig deur die volgende skakel te gebruik:

Vriendelike groete,

Burger Lambrechts

Dorpsraad – Kommunikasiebeampte

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

004/2025
(Uitgereik op: 13 January, 2025)
Ingenieursdiente
003/2025
(Uitgereik op: 10 January, 2025)
Beplanning en Grondgebruik
002/2025
(Uitgereik op: 8 January, 2025)
Ingenieursdiente
001/2025
(Uitgereik op: 6 January, 2025)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Jan
Saturday 18 January, 2025
Algemeen
24
Jan
Friday 24 January, 2025
- 24 January, 2025
7:00 pm
24
Jan
Friday 24 January, 2025
27
Feb
Thursday 27 February, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…