Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
DORPSKANTOOR GESLUIT VANAF 13h00 OP VRYDAG, 6 DESEMBER 2024
Opsomming : Die Orania Dorpskantoor sal eerskomende Vrydag vanaf 13h00 grotendeels nie beman wees nie, maar inwoners sal steeds by ontvangs gehelp word en telefoon oproepe na 053 207 0063 sal steeds beantwoord word, terwyl enige noodgevalle soos normaalweg hanteer sal word.
Die Orania Dorpsraad se jaareind-funksie vind eerskomende Vrydag vanaf 13h00 plaas, so die personeel sal dan meestal nie beskikbaar wees nie. Iemand sal wel by ontvangs diens doen en telefoon oproepe sal beantwoord word, so enige noodgevalle wat byvoorbeeld die aandag van ons infrastruktuur-spanne benodig sal steeds flink hanteer word. Natuurlik sal die beheerkamer by OVD, soos altyd, ook in volle werking wees, so daar sal absoluut geen negatiewe effek wees op die paraatheid en veiligheid van die dorp nie.
U is, soos altyd, welkom om enige vrae oor hierdie of enige ander onderwerp aan die dorpsraad te rig deur die skakel hieronder te gebruik.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad : Kommunikasiebeampte
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…