176/2025
18 September 2025
Geagte Oraniërs,
DORPSWEMBAD MAAK 3 OKTOBER OOP
Opsomming : Die Orania Dorpswembad sal op Vrydag, 3 Oktober 2025, weer oopmaak vir die nuwe swemseisoen.
Die winter is verby en swemtyd is om die draai! Ons beplan om die swembad op Vrydag 3 Oktober oop te maak – net betyds vir die skoolvakansie. Gedurende die afgelope winter is heelwat instandhoudingswerk by die swembad gedoen en met genade van Bo kan ons uitsien na ’n heerlike, lang somerseisoen.
Onthou dat maandkaartjies – vir individue sowel as gesinne – heelwat goedkoper uitwerk vir toegang tot die terrein. Koop gerus kaartjies by die kiosk vanaf die dag van opening.
Die laaste stap in ons voorbereiding vir die nuwe swemseisoen is om die swembad se water te vervang. Wees dus bewus daarvan dat swembadwater vandag, en moontlik ook môre, oor Diamantlaan naby die sportterrein sal vloei.
Pak solank die swemklere uit – ons sien julle daar!
Vriendelike groete,
Arno Lambrechts
Hoof : Gemeenskapsdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…