051/2025

DORPSWEMBAD SLUIT VIR DIE SEISOEN

Uitgereik op: 24 March 2025
Gemeenskapsdienste

0

DORPSWEMBAD SLUIT VIR DIE SEISOEN

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

DORPSWEMBAD SLUIT VIR DIE SEISOEN

Opsomming : Die laaste dag waarop die dorpswembad oop gaan wees, voordat dit vir die winter gesluit gaan word, is 6 April 2025.

Ons wil graag almal wat hierdie seisoen die Orania Dorpswembad besoek het, opreg bedank. Ons is van mening dat die dorpswembad ‘n anker in ons dorp is en ‘n vertoonvenster van ‘n gemeenskap wat sê: ONS KAN! As baie van ons terugdink aan ons eie kinderdae, is dit opvallend hoeveel van die herinneringe gebou is rondom luilekker somersdae by die munisipale swembad, so dit is verblydend om te sien hoeveel van ons kinders en jongmense hierdie tradisie voortsit. Dit is ‘n voorreg wat meeste kinders in ander dorpe in Suid-Afrika nie het nie.

Ongelukkig kom alle goeie dinge tot ‘n einde en die huidige swemseisoen eindig op Sondag, 6 April. Ons besoekersgetalle neem tradisioneel vanaf begin Maart geleidelik af en teen Aprilmaand raak dit onekonomies om die swembad langer oop te hou – veral gegewe dat ons kragverbruik, terreininstandhouding, chemikalieë en lone baie duur is om die swembad op so ‘n hoë standaard te bedryf.

Gelukkig is daar nog twee weke voor 6 April en ons nooi alle ledige skoliere (en natuurlik hulle ouers ook) om nog vir oulaas ‘n paar keer by die swembad te kom kuier. Die swembad sal dus oop wees tydens Vasbyt en besoekers is welkom om hierdie pragterrein te kom besoek en sommer iets vir die honger by ons kiosk te koop.

Op ‘n persoonlike noot wil ek graag die manne en dames van Gemeenskapsdienste opreg bedank. Julle het nie net die swembad en terrein so mooi in stand gehou nie, maar ook daagliks diens gedoen om seker te maak almal is veilig. Die opofferings wat julle moes maak om lang ure aan diens te wees tydens naweke en vakansiedae, gaan nie ongesiens verby nie. Baie dankie ook aan Mari en haar gesin, wat die kiosk so knap beman. Diegene wat nog nie van Mari se tuisgemaakte kos geproe het nie, kan dit gerus doen, want haar gehalte en pryse is werklik iets besonders. Die kiosk hanteer ook wegneemetes en dit is nie nodig om ingang te betaal om iets vir die honger aan te skaf nie.

Ek kan met sekerheid sê dat ons swembad hierdie jaar die mooiste vertoon het wat ek dit nog ooit gesien het. Baie dankie in besonder aan Zayn de Vries vir al die vroeë oggende en laat aande wat hy daaraan spandeer het. Dat Zayn trots is op sy werk, is duidelik te sien aan die kristalhelder water en grasgroen grasperke!

Swembadgroete,

Arno Lambrechts

Hoof : Gemeenskapsdienste

U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : https://myorania.co.za/kontak-ons/

Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

087/2025
(Uitgereik op: 29 April, 2025)
Inligting en Skakeling
086/2025
(Uitgereik op: 28 April, 2025)
Inligting en Skakeling
085/2025
(Uitgereik op: 25 April, 2025)
Gemeenskapsdienste
084/2025
(Uitgereik op: 25 April, 2025)
Orania Veiligheidsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
May
Thursday 1 May, 2025
- 3 May, 2025
Algemeen
2
May
Friday 2 May, 2025
8
May
Thursday 8 May, 2025
- 10 May, 2025
6:00 pm
9
May
Friday 9 May, 2025
- 9 February, 2025
4:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…