Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
GESPREKSGELEENTHEID MET OOM OOR VOORGENOME STADSKERN EN PLEIN
Opsomming : ‘n Gespreksgeleentheid word gehou op 31 Maart, waar inwoners vir die Orania Ontwikkelings Maatskappy (OOM) en hul argitek vrae kan vra oor die beoogde nuwe stadskern en plein.
Aangesien hierdie voorgenome ontwikkeling die hele gemeenskap raak, maak ons van ‘n amptelike kennisgewing vanaf die Dorpsraad gebruik om aandeelhouers en inwoners in te lig van hierdie geleentheid wat deur OOM aangebied word.

Enkele jare gelede het die argitekfirma, New Urban, ān omvattende stedelike ontwerp vir Orania opgestel. Daardie ontwerp het die identifisering van ān gebied vir Orania se stedelike kern en stadsplein ingesluit. Die Orania Ontwikkelingsmaatskappy (OOM) het hierdie visie verder ontgin en ān argitek aangestel om ān terreinontwikkelingsplan (TOP) vir die voorgestelde stadskern te ontwikkel.
Voordat die TOP by die Dorpsraad ingedien word vir openbare kommentaar, bied OOM ān gespreksgeleentheid aan met die aangestelde argitek, mnr. Henk Boogertman. Gedurende hierdie geleentheid sal die TOP bekendgestel word, en gemeenskapslede sal die geleentheid hĆŖ om insette te lewer en vrae te vra.
Plek: BKO Ouditorium
Datum: 31 Maart 2025
Tyd: 18:00
Die hele gemeenskap word hartlik uitgenooi om deel te neem aan hierdie belangrike gesprek oor ān belangrike ontwikkeling in Orania.
Vriendelike groete,
Niƫl de Klerk
Hoof: Ontwikkeling, OOM
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…