122/2025
2 Julie 2025
Geagte Oraniërs,
HERINNERING : AFVUUR VAN ENIGE WAPENS (INSLUITEND WINDBUKSE) IS ONWETTIG IN BEBOUDE GEBIED
Opsomming : Volgens Suid Afrikaanse wetgewing, wat OVD toepas in Orania, is die afvuur van enige wapen, insluitend windbukse, onwettig in beboude gebiede. Onlangse gevalle verbind hierdie ook met dieremishandeling, wat totaal onaanvaarbaar is in ons gemeenskap.
Ons ervaar die afgelope tyd heelwat gevalle van katte wat ernstig beseer of selfs gedood word deurdat hulle met windbukse geskiet word. Ons wil u asseblief weer daaraan herinner dat die afvuur van ‘n windbuks binne Orania dorpsgebied verbode is en dat dit kan lei tot vervolging.
Verder nog veroorsaak hierdie optrede baie trauma vir beide die diere sowel as hulle eienaars.
Neem asseblief kennis dat Orania Dieresorg (bereikbaar op die Dorpskantoor se nommer – 053 207 0063) hulp kan verleen met enige rondloperkatte. Moet dus asseblief nie sake in eie hande neem nie.
Ons doen ‘n beroep op almal om ag te slaan hierop en ons bedank u vir u samewerking.
Vriendelike groete,
Arno Lambrechts
Afdelingshoof: Gemeenskapsdienste
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…