105/2025
30 Mei 2025
HERINNERING OOR REËLINGS VIR MÔRE, 31 MEI (KONSENTRASIEKAMPBESOEK EN PLAASBRAAI)
Opsomming: Ons vertrek om 09:00 vanaf Oraans na die Doornbult-konsentrasiekamp (in eie vervoer en met eie stoele) en behoort voor 12:00 terug te wees. Die Plaasbraaiverrigtinge begin 15:00 en kaartjies is reeds te koop aanlyn of by die poskantoor (of by die hek).
Konsentrasiekamp besoek (gratis) :
* Mense moet hul eie kampstoele, hoede en water saambring.
* Almal vertrek om 09:00 saam vanaf Oraans se parkeerarea (dit is ongeveer 25 minute tot by Doornbult).
* Daar is heelwat oop sitplekke beskikbaar, so mense wat nie hul eie vervoer het nie, kan maar net opdaag en saamry.
* Die plaashek van Doornbult moet te alle tye toegehou word, want daar is wild en vee wat kan uitkom.
* Die kollekte wat geneem gaan word, is vrywillig, maar aangesien dit ten bate van die instandhouding van die terrein is, word almal versoek om asseblief by te dra wat hulle kan. Daar is ook boeke oor die geskiedenis te koop by die terrein (pryse wissel tussen R250 en R350).
Plaasbraai (Ф60 per volwassene en Ф40 per kind onder 12)
* Mense moet hul eie eetgerei, drankies en bykosse (indien verkies) saambring.
* Die verrigtinge begin om 15:00 en die ete self begin ongeveer 18:00.
* Eleksa verskaf gratis ritte tussen Kleingeluk en die Sportgronde.
* Daar sal koeldrank te koop wees en die trekker-treintjie sal loop vir die kinders (teen Ф10 per rit).
* Stoele, tafels, vure vir hitte, spitbraai en pap en sous sal verskaf word.
* Daar sal ’n veiligheidsdemonstrasie wees, wat onder andere sal insluit dat die mediese helikopter kom land.
* Daar sal lewendige musiek wees deur Die Grotgarde.
* Daar sal allerhande speletjies en boeresport wees vir dié wat daarin belangstel.
Ons hoop om baie Oraniërs môre te sien by hierdie geleenthede, wat belangrike dele van ons gemeenskap se jaarlikse program uitmaak.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Kommunikasiebeampte
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…