133/2024

VAKANTE POS AS SKOONMAKER BY GEMEENSKAPSDIENSTE

Uitgereik op: 18 September 2024
Gemeenskapsdienste

0

VAKANTE POS AS SKOONMAKER BY GEMEENSKAPSDIENSTE

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

VAKANTE POS: GEMEENSKAPSDIENSTE INSTANDHOUDING SKOONMAAKDIENSTE: SKOONMAKER

Neem asseblief kennis daarvan dat ‘n pos as skoonmaker gevul moet word en dat die aansoeke daarvoor op Woensdag, 25 September 2024, sluit. Aansoekers moet so gou as moontlik beskikbaar wees om die pos te aanvaar indien hulle aansoek suksesvol is.

Die Gemeenskapsdienste Skoonmaker sal in diens wees van Orania Dorpsraad, ʼn dinamiese instelling wat groei en strewe om op die voorpunt van dienslewering te wees. Die skoonmaker sal in ʼn span werk wat onder andere vir die volgende verantwoordelikheid neem:

• algemene estetiese voorkoms van Orania

• rapporteer aan hoof van Gemeenskapsdienste

• skoonmaak van Orania Aandeleblok en filiale geboue

• beplanning van werksaamhede vir elke week met inagneming van roetinetake

• daaglikse terugrapportering oor buitegeboue.

• rapportering van skade aan eiendom van Dorpskantoor

• daaglikse opruiming van kombuis in Orania Dorpskantoor

• hantering van aankope van gebruiksvoorraad, wat insluit toiletpapier en skoonmaakmiddels.

• ondersteuning tydens die Orania Karnaval

• ondersteuning met huurtoerusting

• ondersteuning tydens geleenthede wat die Orania Dorpsraad reël

• ondersteuning tydens gemeenskapsgeleenthede

• instandhouding van skoonmaakgereedskap

• Afteken van verhuurde geboue ook na-ure en oor naweke

• Enige billike opdrag wat van tyd tot tyd aan u gegee word

Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos moet oor die volgende beskik

• ʼn Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en ʼn verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen

• Moet onder druk kan funksioneer en by doeldatum kan hou

• Moet in besit wees van ʼn geldige bestuurslisensie

• Goeie menseverhoudings

• Goed in ʼn span kan werk

• Moet reeds in Orania woon of besig wees met verblyfreg proses

Die aansoekproses behels dat aansoeke voor of op Woensdag, 25 September 2024, om 16:30 by die Dorpskantoor in Orania ingedien word of per e-pos gestuur word aan: arno@myorania.co.za / otto@myorania.co.za. Slegs aansoeke in Afrikaans sal oorweeg word.

Vriendelike groete,

Arno Lambrechts

Hoof Gemeenskapsdienste

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

118/2024
(Uitgereik op: 23 August, 2024)
Maatskappysekretaris
119/2024
(Uitgereik op: 26 August, 2024)
Outomatisering en Digitalisering
121/2024
(Uitgereik op: 29 August, 2024)
Uitvoerende Hoof
122/2024
(Uitgereik op: 30 August, 2024)
Uitvoerende Hoof

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

8
Oct
Tuesday 8 October, 2024
Algemeen
9
Oct
Wednesday 9 October, 2024
Algemeen
10
Oct
Thursday 10 October, 2024
Algemeen
10
Oct
Thursday 10 October, 2024
Inligting en Skakeling
Orania Vakansiedae
11
Oct
Friday 11 October, 2024
Algemeen

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…