Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
KOM GROET ORANIA SE AFVAARDIGING NA DIE VSA
Opsomming : Die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) en die Orania Beweging (OB) stuur ‘n afvaardiging na die VSA om die toekoms van Orania en ons volk te bespreek. Maak asseblief ‘n bydrae tot hul reis en kom neem vanmiddag afskeid van die afvaardiging.
Gemeenskapsinsette
Op 17 Februarie het die Orania Verteenwoordigende Raad ‘n gemeenskapsvergadering gehou om die gemeenskap se insette oor die Trump-uitsprake en die gepaardgaande plaaslike en internasionale reaksie te vra. Die gemeenskap se mandaat was duidelik: Orania se saak moet gestel word en ‘n afvaardiging moet na die VSA gestuur word.
Die Orania Beweging was van voorneme om later vanjaar ‘n skakeltoer na die VSA te stuur om steun onder konserwatiewe Amerikaners vir die Orania-idee te vra. Ons het baie vriende in die VSA, en die tyd om hierdie bande te versterk is nou. Ná afloop van die Trump-uitsprake wat Afrikaners as volk erken het, en die wye reaksie daarop het die OVR ook besluit dat dit nou noodsaaklik is om hierdie skakeling te vervroeg.
Ons stel graag ons saak
Die wêreld is besig om oor Afrikaners te praat. Die Orania-oplossing word in talle gesprekke genoem. Daar word oor ons gepraat en dit sal dwaas wees as ons nie self deelneem aan die gesprek, ons saak stel, en vir dit waaraan ons al meer as dertig jaar bou, plaaslike en internasionale erkenning vra nie.
Die Orania Verteenwoordigende Raad se afgevaardigdes is Riaan Jacobs en Carel Boshoff, terwyl Joost Strydom die Orania Beweging sal verteenwoordig. Ernst Roets (‘n verkose lid van die Orania Beweging Raad) sal hierdie groep in die VSA ontmoet en ondersteuning gee met belangrike skakelgeleenthede.
U bydrae kan ‘n verskil maak
Die OVR en die Orania Beweging ag hierdie skakeling as baie belangrik en ons het die inisiatief geneem en begin met die reëlings. Hierdie is egter ‘n onverwagte geleentheid en daar is nie daarvoor begroot nie, maar ons kan nie die kans deur ons vingers laat glip nie en daarom neem ons die vrymoedigheid om te vra vir finansiële ondersteuning vir hierdie skakeltoer. Oraniërs en ondersteuners wat finansieel wil bydra tot hierdie inisiatief, kan dit doen deur hierdie skakel te volg: www.orania.co.za/vsatoer
Kom groet ons manne!!
Ons wil graag aan Oraniërs die geleentheid gee om lede van die afvaardiging vrae te vra, sterkte toe te wens, op ‘n Orania vlag te teken wat die groep sal saamneem of ‘n bydrae te maak. Dit sal vandag (Vrydag 14 Maart) om 17:00 by die Kantien aangebied word. Ligte verversings sal beskikbaar wees.
Laastens: Ons staan in nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God, Beskikker oor die lotgevalle van volkere en nasies. Ons sal nie ledig sit wanneer ons bespreek word nie; ons sal deelneem sover as wat ons kan, maar ons finale lot bly altyd in Sy hand soos dit Hom behaag. Ons versoek graag u voorbidding vir ons saak.
Hierdie is ‘n gedeelde kennisgewing deur die OVR en die OB.
Riaan Jacobs Voorsitter – Orania Verteenwoordigende Raad
Joost Strydom Uitvoerende Hoof – Orania Beweging
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…