095/2025
13 Mei 2025
KRAGONDERBREKING IN GROOT GEDEELTES VAN ORANIA OP DONDERDAG (15 MEI 2025)
Opsomming: ’n Groot gedeelte van Orania ten Ooste van die R369, sal op Donderdag, 15 Mei 2025, tussen 08:00 en 13:00 sonder elektrisiteit wees.
As gevolg van elektriese koppelingswerk vir die nuwe ontwikkeling by die Karoosig-aftreeoord, sal groot dele van Orania aan die rivierkant van die R369 op Donderdag tussen 08:00 en 13:00 ’n kragonderbreking ondervind.
Die areas wat geraak sal word, is: alle aandeelblokke Oos van Smaragstraat, B-blok, die Oewerarea, die Boord-ontwikkeling, en aandeelblokke wat grens aan Diamantlaan en Visarendstraat (aandeelblokke wat grens aan Oewerlaan [Rooipad], H36 en die ontrekkingspompe is uitgesluit). Verder sal ook alle aandeelblokke wat vandag ‘n wateronderbreking ondervind het (dus S-aandeelblokke in Karoosig, tesame met enkele N-aandeelblokke) ingesluit wees by hierdie kragonderbreking.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…