218/2025
24 November 2025
Geagte Oraniërs,
KRAGONDERBREKING OP DINSDAG, 25 NOVEMBER
Opsomming : Daar sal môre, Dinsdag 25 November 2025, tussen 08:00 en 10:00 ‘n kragonderbreking wees in die Oewerarea en gedeeltes van Diamantlaan.
Inwoners moet asseblief daarop let dat daar môre-oggend tussen 08:00 en 10:00 ‘n kragonderbreking gaan wees in die Oewerarea en gedeeltes van Diamantlaan. Die spesifieke aandeelblokke wat geraak gaan word is die volgende: Steenbok herberg, sportgronde, swembad pompe, B16, B17, B18, H22, H24, H52, Boskamp, H40 tot H51 (Oewerarea) en alle aandeelblokke wat grens aan Visarendstraat.
Die onderbreking is nodig om ’n transformator, wat nie meer gebruik word nie, van die netwerk te ontkoppel en te verwyder.
Vriendelike groete,
Andre van heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…