196/2025

MENINGSPEILING OOR AMPTELIKE ORANIA SIMBOLE

Uitgereik op: 22 October 2025
Inligting en Skakeling

0

MENINGSPEILING OOR AMPTELIKE ORANIA SIMBOLE

196/2025

22 Oktober 2025

Geagte Oraniërs,

MENINGSPEILING OOR AMPTELIKE ORANIA SIMBOLE

Opsomming: Die Orania-gemeenskap word versoek om deur hul deelname aan ‘n meningspeiling (https://www.surveymonkey.com/r/8Z9GYRF) aan te dui watter vis, blom, boom, dier en voël hul gunstelinge is om Orania se amptelike simbole te wees.

Die Simbolekomitee (soos daargestel deur die Orania Bewaringstigting) het, met dankbaarheid teenoor die gemeenskap, ’n verskeidenheid baie goeie voorstelle vir Orania se simbole ontvang. Vanuit hierdie voorstelle kan vir Orania ’n amptelike dier, voël, boom, vis en blom daargestel word.

Soos voorheen vermeld, het die Orania Bewaringstigting ’n projek begin waardeur ons vir Orania amptelike simbole wil kies. Hierdie projek geskied met die ondersteuning van die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) en Orania se grondentiteite.

Die suiweringsproses ten opsigte van die verskeie voorstelle wat ontvang is, het om verskeie redes langer geduur as wat aanvanklik voorsien is. Die nodige kundigheid is vir sekere voorstelle betrek om te bepaal of dit aan die vereiste riglyne voldoen, wat ook addisionele tyd in beslag geneem het. Daar is egter nou ’n lys van voorstelle gefinaliseer waarmee die projek verder kan vorder.

Soos reeds voorheen gekommunikeer, word die voorstelle nou aan ’n meningspeiling onder die gemeenskap onderwerp. Daarna sal die Simbolekomitee die aangewysde verteenwoordigers van die Orania Bewaringstigting, die OVR en die grondentiteite byeenroep om, met inagneming van die meningsopname, Orania se amptelike simbole te bevestig. Die uitslag van die meningspeiling sal as ’n sterk aanduiding dien vir die aangewysde verteenwoordigers tydens hul oorweging van die voorstelle. Die finale, amptelike simbole sal vervolgens deur die OVR opgeneem en eiendomsregtelik bestuur word.

Die meningspeiling kan oopgemaak word deur die volgende skakel te volg: https://www.surveymonkey.com/r/8Z9GYRF

Die Orania Bewaringstigting spreek graag hul dank uit teenoor die OVR sowel as die grondentiteite wat hierdie projek ondersteun deur ook hierdie kennisgewing aan die inwoners van Orania te help kommunikeer. Ons vermeld ook met dank die Orania Dorpsraad se ondersteuning en bystand met die meningpeiling. Enigiemand met navrae word vriendelik versoek om dit na oraniasimbole@myorania.co.za te stuur. Die Dorpsraad bestuur nie self die projek nie, maar die Simbolekomitee sal graag met bystand help.

Die meningsopname sluit foto’s van die onderskeie simbole in, maar inwoners word aangemoedig om ook self verder oor elke voorstel te lees ten einde ’n simbool in elke kategorie aan te dui wat statig is en waarlik as ’n gewaardeerde natuursimbool van Orania kan bekendstaan.

Die meningspeiling kan tot en met 4 November 2025 voltooi word.

Ons hoor graag watter dier, voël, vis, boom en blom u as een van Orania se amptelike simbole wil sien.

Vriendelike groete,

Simbolekomitee – ’n Komitee van die Orania Bewaringstigting, met lede Cobus Pretorius, Jan Beyers, Lida Strydom en Jan van Zyl.

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

211/2025
(Uitgereik op: 12 November, 2025)
Korporatiewe Dienste
210/2025
(Uitgereik op: 12 November, 2025)
Ingenieursdiente
209/2025
(Uitgereik op: 10 November, 2025)
Ingenieursdiente
208/2025
(Uitgereik op: 6 November, 2025)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

10
Dec
12
Dec
16
Dec
Tuesday 16 December, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen
26
Dec
Friday 26 December, 2025
6
Jan
Tuesday 6 January, 2026
- 6 January, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…