051/2026

MK WIL ARTIKEL 235 UIT DIE GRONDWET VERWYDER – JOU KANS VIR INSETTE

Uitgereik op: 23 April 2026
Inligting en Skakeling

0

MK WIL ARTIKEL 235 UIT DIE GRONDWET VERWYDER – JOU KANS VIR INSETTE

051/2026

23 April 2026

Geagte Oraniërs,

MK WIL ARTIKEL 235 UIT DIE GRONDWET VERWYDER – JOU KANS VIR INSETTE

Opsomming : Daar word môremiddag (Vrydag, 24 April) om 12:00 ‘n gemeenskapsvergadering by die Kameeldoring-lokaal gehou, waartydens inwoners inligting kan kry oor die aanval op artikel 235 van die Suid-Afrikaanse Grondwet en hoe hulle deel kan wees van die verset daarteen.

Soos baie inwoners bewus is, is daar tans ‘n voorgestelde wysigingswet in die parlement – deur die MK -party ter sprake gebring – wat, indien dit suksesvol sou wees, uiteindelik kan lei tot die herroeping van artikel 235 van die Suid-Afrikaanse Grondwet. Aangesien artikel 235 een van die belangrike instrumente is waarmee ons bou aan ons onafhanklikheid, is die verdere verwikkelinge hieromtrent van groot belang vir ons.

Dis egter belangrik om hierdie moontlike gevaar in die regte konteks te beskou, sodat ons mense nie onnodig angstig daaroor raak nie. Eerstens kan daarop gelet word dat die huidige aksie in die parlement nog net ‘n kennisgewing deur die MK is dat hulle van plan is om die wysigingswet een of ander tyd in die toekoms amptelik in te dien, so hierdie is nog nie die punt waar finale besluite geneem sal word nie. Enige verdere vordering in die MK se beplande aksie sal dus nog lank neem om tot ‘n punt te kom, en selfs dan is dit onwaarskynlik om suksesvol te wees, want vir grondwetlike veranderings om gemaak te word moet ‘n tweederdemeerderheid daarvoor stem in die parlement.

Volgelinge van die Orania Beweging sou opgemerk het dat hulle reeds vir etlike weke hul ondersteuners gemobiliseer het om besware teen hierdie wysigingswetsontwerp by die Speaker van die Nasionale Vergadering in te dien, voordat die tydperk vir openbare deelname (in effek) môremiddag sluit. Meer as 5600 ondersteuners het alreeds die Orania Beweging se brief afgelaai om na die parlement te stuur

Met die spertyd vir insette op hande, het heelwat inwoners van Orania nou gevra vir leiding oor die beste manier waarop hulle ook besware kan indien voordat dit te laat is. Ons het dit dus goedgedink om môre, Vrydag 24 April, om 12:00 by die Kameeldoring-lokaal (op die boonste verdieping van die Veiligheidsgebou) ‘n gemeenskapsvergadering daaroor te hou.

Tydens hierdie gemeenskapsvergadering sal die situasie kortliks verduidelik word en sal die amptelike besware wat reeds vanaf die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR), die Vryheidstigting, die Orania Beweging, die Orania Dorpsraad, en andere ingedien is, bespreek word. Inwoners wat dan nog voor die einde van die dag hul eie besware wil instuur, sal goeie agtergrond hê waarop hulle dit kan baseer.

Wanneer die betrokke parlementêre komitee die huidige openbare deelnameproses van die MK se kennisgewing beoordeel, kyk hulle eerstens na die blote hoeveelheid positiewe teenoor negatiewe insette, tweedens hoeveel van die insette uniek was en hoeveel slegs ondertekenaars van petisies was, en derdens word die inhoud daarvan beoordeel. Dit is dus van groot nut as soveel as moontlik individue wat Orania goedgesind is hul eie besware instuur.

Ons hoop om heelwat Oraniërs daar te sien, ten spyte van die kort kennisgewing, en om alle relevante vrae te kan beantwoord.

Vriendelike groete,

Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad: Kommunikasiebestuurder

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

063/2026
(Uitgereik op: 22 May, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
062/2026
(Uitgereik op: 11 May, 2026)
Orania Veiligheidsdienste
061/2026
(Uitgereik op: 11 May, 2026)
Ingenieursdiente
060/2026
(Uitgereik op: 7 May, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am
3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…