228/2025
4 Desember 2025
Geagte Oraniërs,
OAB BEGROTING 2026
Opsomming : OAB se begroting vir 2026 is beskikbaar, en belangstellendes word genooi na die bekendstelling daarvan op 9 Desember om 17:00 in die Chris Jooste Auditorium.
Met 2025 wat sy einde nader, is daar oudergewoonte weer beplan vir volgende jaar se werksaamhede, met ’n begrotingsproses wat ongeveer twee en ’n half maande duur — vanaf middel September tot vroeg in Desember, wanneer finale goedkeurings afgehandel word.
Aangesien 2025, nie net vir Orania nie maar vir die hele wêreld, ekonomiese onsekerhede gerealiseer het, was die benadering tot die 2026-begroting baie konserwatief wat die Dorpsraad se werksaamhede betref. Dit was ’n uitdagende begroting, met moeilike besluite wat geneem moes word, met inagneming dat dieselfde standaard van dienslewering nog steeds aan inwoners gehandhaaf moet word. Ten spyte van talle besprekings en uitdagings wat oorkom moes word, kon die kantoor, in samewerking met die lede van die Oudit- en Risikokomitee, ’n werkbare begroting opstel en aan die onderskeie direksies voorlê.
Die Oudit- en Risikokomitee van die Dorpsraad het die konsepbegrotings vir 2026 van Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk., Orania Infrastruktuur (Edms.) Bpk., Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk. en Orasol (Edms.) Bpk. nagegaan en op 2 en 3 Desember 2025 onderskeidelik aanbevelings aan die direksies gemaak, waarna die direksies die begrotings goedgekeur het. Die goedgekeurde begroting tree dus op 1 Januarie 2026 in werking.
U word hartlik uitgenooi na ʼn openbare vergadering waartydens die finale begroting vir 2026 bekendgestel en bespreek sal word.
Datum en tyd: Dinsdag, 9 Desember 2025 om 17:00
Waar: Chris Jooste Ouditorium in die Vryheidsentrum
Hiermee ook ‘n skakel na die opsommende begroting vir 2026 wat tydens die geleentheid verder bespreek sal word. Gaan na https://myorania.co.za/dokumente/ en laai die dokument genaamd “Orania Aandeleblok (RF) (EDMS.) BPK en Filiale se Begroting vir 2026” af.
Ons hoop om u daar te sien!
Vriendelike groete,
Janneman Roux
Hoof : Korporatiewe Dienst
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…